Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Vrede Bring ‘n Nuwe Enkelsnit “Huistoe”

    Vrede Bring ‘n Nuwe Enkelsnit “Huistoe”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 21 ViewsDecember 15, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die alternatiewe Afrikaanse duo Vrede maak nóg ’n betekenisvolle indruk met die vrystelling van hul nuwe enkelsnit, “Huistoe”, die titelsnit van hul opkomende debuut-vollengte album, Huistoe. Die lied bied ’n eerlike, spirituele besinning oor lewenskeuses, persoonlike groei en die pad wat elke mens onvermydelik stap.

    NetfloristOfferforge

    Volgens Storm het die inspirasie vir “Huistoe” ontstaan vanuit ’n plek van terugkyk, nie met spyt nie, maar met dankbaarheid en aanvaarding.

    Vrede

    “Ek wou ’n song skryf wat jou laat terugdink aan jou keuses in jou lewe en hoe dit jou help vorm het tot wie jy vandag is,” verduidelik hy.

    ’n Liedjie oor keuses en verbondenheid

    Die duo beklemtoon dat baie mense wonder hoe hul lewens sou lyk as ander besluite geneem is. Tog gaan “Huistoe” nie oor verlange na ’n alternatiewe uitkoms nie, maar eerder oor die wysheid en insig wat elke besluit bring.

    Vir Vrede dien die lied as ’n simboliese herinnering aan menslike verbondenheid.

    “Ons almal loop mekaar huistoe,” deel hulle. “Dit beteken dat ons mekaar ondersteun op hierdie aardse reis – ’n reis wat nie die finale bestemming is nie, maar deel vorm van iets groter.”

    Die herhalende liriese vraag, “Sou ek iets verander?”, nooi luisteraars uit tot selfrefleksie oor hul eie lewenspad, ervarings en die nalatenskap wat hulle vir die volgende generasie laat.

    Die kernboodskap bly eenvoudig, maar kragtig: “Elke keuse wat jy maak is die regte keuse. Vir elke deur wat jy toemaak, word daar nóg een oopgesluit.”

    ’n Verfynde klank en nuwe musikale rigting

    “Huistoe” weerspieël nie net die duo se persoonlike groei nie, maar ook hul musikale ontwikkeling.

    “Dis ’n klank waarin ons baie gemaklik voel en graag meer van wil doen in die toekoms,” sê hulle.

    Die energieke “doekoetaka”-drompatroon, saam met invloede van die internasionale kunstenaar Sam Fender, dra by tot die lied se unieke atmosfeer. Een van die mees uitstaande elemente is die saxofon-bydrae deur Hiram Koopman.

    “Dit is ’n massiewe voorreg om met so ’n legende te werk,” sê die band.

    Die snit is opgeneem by Laughing Lamp Studios onder leiding van vervaardiger Terius Human.

    Wanneer Vrede gevra word om hul musiek te beskryf, is hul antwoord eenvoudig: “Hartsmusiek gemaak met die hand.”

    Kyk die video vir “Huistoe” hier onder:

    Wat lê voor vir Vrede?

    “Huistoe” vorm die grondslag van die duo se debuutalbum en dui op ’n nuwe, meer verfynde klank waarmee Vrede hul plek in die Afrikaanse musieklandskap bevestig.

    Benewens die enkelsnit beplan die duo verskeie vertonings in Desember en Januarie, waar gehore “Huistoe” vir die eerste keer lewendig kan beleef. ’n Musiekvideo is reeds in ontwikkeling, met ’n amptelike albumbekendstelling wat vir Mei 2026 beoog word.

    “Huistoe” sal vanaf 5 Desember op alle groot digitale platforms beskikbaar wees, insluitend Spotify, Apple Music, YouTube Music en Deezer.

    Wanneer gevra word of hulle enigiets sou verander aan die pad wat hulle tot hier gebring het, antwoord die band sonder huiwering:

    “Definitief nie. Ons het baie geleer uit ons keuses, maar ons is dankbaar vir elkeen daarvan.”

    Met “Huistoe” hoop Vrede om ’n gevoel van vrede, doel en aanvaarding by luisteraars te laat.

    “Ons reis is vooraf bepaal,” sê hulle. “Al voel dit soms of jou keuses die wêreld kan verander, is die waarheid dat jou pad reeds geteer is.”

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Neil Sandilands Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Huistoe”
    • Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Tevrede”
    • Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Klein Wêreld”
    • Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hemel Op Die Aarde”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Huistoe South Africa Vrede
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleSAMA31 Winners: The Complete List
    Next Article SaxbyTwins Release New Single: “You’ll Find The Light”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Christian John
    December 17, 2025

    Stiaan Reynierse vier `n belangrike mylpaal met “Sewe”

    3 Mins Read20 Views
    Deon Meiring
    December 10, 2025

    Deon Meiring Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weer Wild”

    3 Mins Read9 Views
    Neil Nachtrein
    December 9, 2025

    Neil Nachtrein Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Asem In”

    3 Mins Read18 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Jairic
    December 17, 2025

    Jairic Releases New EP: “n=40”

    2 Mins Read24 Views
    SaxbyTwins Featured
    December 15, 2025

    SaxbyTwins Release New Single: “You’ll Find The Light”

    2 Mins Read18 Views
    SAMA31
    December 15, 2025

    SAMA31 Winners: The Complete List

    5 Mins Read62 Views
    Goeters Om Te Doen
    Tunde from Lighthouse Family Profile

    Tunde from Lighthouse Family: February 2026 SA Tour

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    ULTRA South Africa 2025 Crowd

    ULTRA South Africa 2026

    UB40 Feat Ali Campbell SA Tour

    UB40 Featuring Ali Campbell – June 2026 SA Tour

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Kunstenaar Profiele
    Majozi

    Majozi

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Basson Laas
    July 30, 2025

    An Interview with Basson Laas

    10 Mins Read32 Views
    Gareth Haze
    May 13, 2025

    An Interview With Gareth Haze

    8 Mins Read28 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read17 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.