“Klein Wêreld” is Vrede se vierde enkelsnit en volg op die vrystelling van hul liedjies, “Perspektief”, “Onskuld van ‘n kind” en “Die Son”. Al drie enkelsnitte is uiters goed op radio ontvang en beide “Perspektief” en “Onskuld” van ‘n Kind’ het nommer een op Reputasie se Alternatiewe top 40 behaal.
Meer inligting oor ‘Klein Wêreld’
Jou universiteits jare word beskou as die lekkerste tye in jou lewe. Dis ‘n tyd vir vriende, selfontdekking en waar die enigste veranwoordelikheid wat jou in die oë staar is om jou graad te slaag.
Alle goeie dinge kom ongelukkig ook tot ‘n einde en as die ‘jol’ verby is is daar die besef dat jy jou vriende en jou gemaksone moet verlaat en jou eie potjie erens moet gaan krap. Die is die temas wat Vrede, wat bestaan uit sangers Francois Roux en Storm Opperman, in hul nuwe enkelsnit getiteld “Klein Wêreld” bespreek.
Beide Francois en Storm is skaars 26, maar hulle speel reeds soos gesoute musikante en het al die verhoog gedeel met Spoegwolf, Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Fokofpolisiekar, Riaan Benadé, Elandré, Juan Boucher, Karen Zoid en Dozi.
Kyk die video vir Vrede se “Klein Wêreld” hier onder:
Meer inligting oor Vrede
Vrede is gereeld te sien by groot feeste soos Mieliepop en Park Acoustics en is ook hierdie jaar genooi om by Innibos op te tree waar hulle, onder andere, die verhoog sal deel met Zaan Sonnekus, Loufi, Droomsindroom en Rubber Duc.
Vrede het egter nie oornag sukses behaal nie, en dit het baie harde werk van die manne geverg om tot op hierdie punt te kom. ‘Klein Wêreld’, wat beskryf word as ‘n lekker brandewyn en braai liedjie, lewer tong-in-kies kommentaar op die ongemaklike oorgang wat jong mense beleef tussen hul universiteitsjare en die volwassenheid.
‘’Ons het groot geword in Stellenbosch, ons het daar geswot en ons vriende en familie is daar, maar ons moes wegbreek van ons van alles wat ons geken het in die Wes-Kaap om iets van ons self te probeer maak,’’ deel Francois.
Die manne het Johannesburg toe getrek om voltyds musiek te maak, maar maar hulle het vining besef dat dinge anders gaan wees.
In “Klein Wêreld” se lirieke sing Francois en Storm: “Dinge raak nou vinnig, gooi maar ‘n blinde oog, praat met die wind en sien hoe alles op die ou end uitdraai.” En dit gaan oor hoe hulle self moes regkom toe hulle na vreemde stad toe getrek het.
“Ons ouers het gesorg toe ons op Universiteit was, maar toe ons hier kom het hulle gesê ons moet self sien-kom-klaar. Dit was ‘n moeilike les, maar dit was ‘n waardevolle les, want ek en Storm het geleer om op ons eie voete te staan.” lag Francois.
Vir Storm was die moeilikste les da thy sy eie wasgoed moes leer doen. “Ek het altyd gedink ons het ‘n ‘laundry leprechaun’ want ek het my vuil klere in die mandjie gelos en as ek weer gvekyk het was dit skoon en netjies gevou in my kas, vandag besef ek dit was my ma.” grap hy.
Vrede het nie net ‘n sukses van hul musiek loopbaan gemaak nie maar hulle het ook onlangs hul eerste wasmajien gekoop. ‘”Jy weet jy word ‘n volwassene as jy opgewonde raak oor iets soos ‘n wasmajien of die feit dat jy drie sakkies ‘groceries’ op een slag kan koop.” terg Storm.
Die liedjie bespreek ook ‘n teerder deel van grootword. Die lirieke wat lui: “groete van die wegloop kind, het my altyd hartseer gemaak want dit voel as of ons, ons mense verwaarloos het.” ondersoek hoe jy dit wat gemaklik is moet verruil vir die onbekende.
“Ons moes ons vriende en almal, wie ons ken agterlaat, toe ons Gauteng toe gekom het. Dit was moeilik maar ons het vinnig weer ons mense gevind. Jy besef skielik jy sal jou mense vind waar jy is. Dis eintlik ‘n klein wêreld.” sê Francois.
Jy kan “Klein Wêreld” HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.