“Toe die wêreld stil gaan staan” is`n hoendervleis-treffer oor die anderste tyd waarin almal in die wêreld hulle tans bevind. Karen Zoid, Neil Sandilands en Early B ryk binnekort hierdie nuwe liedjie op alle digitale platforms uit.
Karen Zoid vertel dat “Toe die wêreld stil gaan staan” baie toevallig gebeur het:
“Neil het vining kom hallo sê by my studio, terwyl hy hier was op ‘n kuier van Amerika af, letterlik ‘n dag voor die President se aankondiging oor inperking. Ons het gesels oor die virus en die wêreld wat nou vir ewig gaan verander. Wie sou kon dink dat ons in ons leeftyd ‘n globale pandemie sal ervaar soos in die vorige eeu met die Spaanse griep. Beide my ouma -en oupgrootjie het in daardie tyd van die groot griep gesterf. Ons het impromptu gesit met ‘n kitaar en ‘n liedjie geskryf.
Nadat President Ramaphosa daardie Sondagaand die lockdown aankondig het, het ek besef ons sal vining moet planne maak om die liedjie op te neem, terwyl ons nog kan. Toe almal druk besig was om laaste sake af te handel, toiletpapier te koop en inkopies te doen, het ons studio toe gegaan. Ek het Early B gevang net voor hy die pad Port Elizabeth na sy familie toe gevat het.
Dit is nogal iets besonders om te kan lewe in `n tyd waarin letterlik almal in die hele wêreld deur dieselfde ding gaanen dieselfde problem in die oë staar. Dis ‘n ongemaklike rustigheid waarin ons onsself bevind. Vir my is daar twee dinge wat my in hierdie tyd gefokus hou: Die eerste is dat ons nou net een dag op `n slag kan leef en die tweede, is soos hulle in die 60`s gesê het, die Liefde is Alles. Ek hoop dat die liedjie vir mense sal laat onthou dat ons almal aan mekaar gebind is. Ons is saam hierin.”
“Toe die wêreld stil gaan staan” is vanaf Vrydag 10 April op digitale platforms beskikbaar. (Apple Music, Google Play, Spotify, Deezer, Joox).
Die musiekvideo is gister gepubliseer op YouTube, kyk dit hier onder:
Die liedjie is vervaardig deur Karen Zoid & Theo Crous. Jonno Sweetman, Schalk vd Merwe & Henry Steel speel die instrumente in die liedjie.
Ek moet sê dat ek moerse impressed is met hierdie tune. Daar is baie kunstenaars wat nou op die coronavirus band-wagon klim, maar hierdie is uniek en rêrig roerend. Ek kry hoendervleis elke keer as ek daarna luister.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Living in South Africa? Need to save up some moolah? Start investing today with Easy Equities, the simple and affordable platform for everyone. Access local and international stocks, ETFs, and more with no minimum investment required. Sign up now and take control of your financial future!