Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Featured
    • Categories
      • Interviews
      • Music News
      • Music Videos
      • Photo Of The Week
    • The SA Gig Guide
    • Buy us a Coffee!
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home » Music Videos » Swerwer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Verby”

    Swerwer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Verby”

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music Videos 64 ViewsMay 9, 2023
    Share This With Your Friends Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Swerwer het ‘n nuwe enkelsnit uitgereik, “Verby”. Daar is niks lekkerder as ‘n smeulende verhouding nie, maar as daar meer as net vonke is en die een se persoonlikheid petrol op die ander een se vuur is, stuur dinge op ‘n ramp af. Dit is daar waar jy moet besluit of dit verby is voor iemand se vingers verbrand word. Dit is die tema wat vasgevang word in die liedjie.

    NetfloristOfferforge

    Meer inligting oor Swerwer

    Swerwer, oftewel José Bezuidenhout het groot geword in Pretoria Wes. Hy was ‘n belhamel wat skool geslip het en al die dinge gedoen het wat jy net in Boys Town sal vind.

    Op ‘n keer moes hy met die skool praat om te sien of hulle hom nie sou skors nie vertel Swerwer. Sy ma het vir hom gese dat hy daardie dag die disiplinere verhoor moet bywoon en as hy klaar is daar kan hy sy kitaar gaan haal wat sy vir hom op laybug gekoop het, hy was toe net 14 jaar oud.

    Swerwer

    José het op die ouderdom van 23 na Magoebaskloof getrek waar hy vir n rukkie in ‘n tent gebly het. Daar het hy vir n kerk begin werk in Haenertsburg waar hy sy ander lede van die groep ontmoet het. Hulle het klein toere en verskeie vertonings in limpopo en Nelspruit gedoen. Swerwer vertel dat hy baie genot gekry het om saam die mense wat hy ontmoet het die paaie te wandel.

    Na ‘n breuk in Limpopo het hy begin reis met ‘n taxi en later met ‘n trein. Hy het sy huis opgegee en sonder ‘n motor en met net ‘n klein PA, Kitaar en sak gereis.

    “Ek het van dorp tot dorp gereis, week na week ‘n ongelooflike avontuur beleef terwyl ek die land op ‘n unieke manier kon verken” vertel Swerwer

    As liedjie skrywer is Swerwer beinvloed deur die voëlvry beweging en het hy nog altyd daarop gefokus om lirieke te skryf in sy moedertaal en te toonset met met ‘n sterk invloed van Rock en Folk. Swerwer se energie op die verhoog is magneties so die musikant het vining klein kroee vir feeste verruil.

    Meer inligting oor “Verby”

    “Verby” is ‘n kontemporere snit met ‘n opgewekde rock gevoel, maar die lirieke raak diep. “Verby” vertel die verhaal van ‘n verhouding wat eens helder gebrand het, maar waar die twee betrokke partye nie die beste in mekaar na vore gebring het nie.

    Swerwer - Verby

    “Verby” gaan daaroor vertel dat ‘n mens soms moeillike besluite moet  neem om respek vir liefde en jouself te behou. Wanneer dinge nie uitgewerk  het nie is dit beter om dankie te se vir die goeie tye en om eerder jou paaie te laat skei.

    NetfloristOfferforge

    Met “Verby” hoop Swerwer om mense te raak wat dalk al hulself in ‘n soortgelyke situasie bevind het en hoop hy dat “Verby” ‘n kreet kan word vir mense wat onlangs deur ‘n mislukte liefdesverhaal kom, of selfs vir mense wat nog seer het as gevolg van ‘n vorige liefde.

    In die lied verwys Swerwer na ‘n persoon wat nie meer in sy lewe is nie. Hy sing: “Jy hou van baklei, ek hou skoon verby. Pak my sorge en ‘n bottle brannewyn. Die stad se gedruis laat my verlang na die plaas op Alldays. Ek moet waai, ek soek saligheid.” Hy besef dat die verhouding nie meer kan voortduur nie en dat dit tyd is om verder te gaan.

    Swerwer sê ook: “Dankie vir jou tyd vir die vashou en die vry, ek is seer en moeg baklei. Jammer skat, maar dit is verby. Ek sal jou in my hart dra, mooi praat van jou as die vriende vra. Ek is lief vir jou, glo vir my. Jammer skat, maar dit is verby.” Hierdie woorde toon die respek wat hy nog vir die persoon het, maar dat dit tyd is om verder te gaan.

    Kyk die video vir “Verby” hier onder:

    Jy kan “Verby” HIER stroom / aflaai.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.

    If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    RAMFest 2025 Desktop 728 Swerwer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: "Verby"
    Afrikaans South Africa Swerwer Verby
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleMatthew Charles Releases Debut Single: “Home”
    Next Article Neil Sandilands Reik “Allegaarkie vir ’n Askeet” Uit
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Angie oeh in die Moot
    By Henno KrugerMay 4, 2023

    Angie oeh reik nuwe enkelsnit uit: “Te Sexy”

    2 Mins Read205 Views
    Sunel - Moenie
    By Henno KrugerOctober 14, 2022

    Sunel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Moenie”

    2 Mins Read101 Views
    Corne Pretorius
    By Henno KrugerNovember 23, 2021

    Corné Pretorius reik nuwe enkelsnit uit: “Skree”

    2 Mins Read13 Views
    Dozi - Dis Hoekom
    By Henno KrugerJuly 30, 2021

    Dozi Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Dis Hoekom”

    2 Mins Read3 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    Volg ons
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • WhatsApp
    • TikTok
    • Spotify
    Nog Afrikaanse Artikels
    Tino
    May 17, 2025

    Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Rosie Rosie”

    3 Mins Read6 Views
    Jacobus
    May 16, 2025

    Jacobus Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Gat in jou sak”

    4 Mins Read10 Views
    Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees
    May 15, 2025

    Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees Vier 20 Jaar

    4 Mins Read11 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Alice Phoebe Lou
    May 19, 2025

    Alice Phoebe Lou Releases New Single: “The Surface”

    3 Mins Read11 Views
    Koki The Mic
    May 17, 2025

    Koki The Mic releases new single: “Ra Tsena”

    2 Mins Read5 Views
    Jann Klose
    May 17, 2025

    Jann Klose releases new single: “When I’m With You”

    2 Mins Read7 Views
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read76 Views
    Billy Raffoul
    March 6, 2025

    Billy Raffoul is Returning To South Africa in May 2025

    2 Mins Read54 Views
    The Color Blew
    February 5, 2024

    An Interview With The Color Blew

    8 Mins Read65 Views
    Teken in op Ons Nuusbrief

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Nuutste Kommentaar
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Unveil New Single: “Leave”
    • Virgin Music Group South Africa on BabyMomo Drops Amapiano Anthem: “Ngizo Phumelela”
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Unveils New Album: “Goodbye My Love”
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.