Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Liam Bosman Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Brief vir jou”

    Liam Bosman Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Brief vir jou”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 108 ViewsNovember 24, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Akteur en nou ook sanger, Liam Bosman het sy debuut enkelsnit, “Brief vir jou” vrygestel. Liam, bekend vir sy rolle in bekende TV reekse en films soos Diepe Waters, Vir Die Voëls, Mooiweer en Warm, Dinge van ’n Kind, Doop en vele meer, is ook onlangs vereer by die jaarlikse Silwerskermfees met ’n nominasie vir ‘Beste nuweling in ’n telenovela of sepie’ vir sy rol in Diepe Waters.

    NetfloristOfferforge

    “Brief vir jou”, Liam se eerste enkelsnit, is in September vanjaar geskryf. Alhoewel hy as kind kitaarlesse vir ’n wyle geneem het en in ’n musikale huis omring deur die klanke van Neil Diamond, Pink Floyd en Eric Clapton groot geword het, het hy nooit gedink sy stem is gepas vir professionele sang nie. Dit was eers na sy beste vriend hom aangemoedig het om sang verder te verken, dat hy een dag na werk besluit het om studios in Johannesburg te ‘google’ en die bal aan die rol te sit.

    Liam Bosman

    “Brief vir jou” is by High Seas Studios deur Jacques Du Plessisopgeneem en vervaardig. Liam het die kitaar en lirieke neergelê, en toe saam met Jacques aan die algehele produksie van die liedjie begin werk en idees en bykomende melodieë begin spoeg en plak. Die eindresultaat: “Brief vir jou” – ’n liedjie geïnspireer deur persoonlike verhoudings en ervaringe wat gevoelens van nostalgie en verlore herinneringe by luisteraars ontlok.

    Liam Bosman lewer kommentaar op “Brief vir jou”

    “Ons is geneig om altyd mense met wie ons verhoudinge mee gehad het, te romantiseer in die vorm van drome en dowwe herinneringe. Ons onthou altyd mense wie ons mis as perfek, al was dit nie in realiteit die waarheid nie.” 

    Die video vir “Brief vir jou” is in November in Kaapstad geskiet en Daniel Lasker het saam met Liam Bosman die regie van die video behartig. Liam het self die redigering van die video gedoen omdat hy beheer wou uitoefen oor die storie en sy visie vir die video.

    Liam Bosman Video

    Liam Bosman vertel ons meer oor die video vir “”Brief vir jou””

    “Ek wou bewustelik nie die aktrise in die video se gesig wys nie, sodat kykers kan projekteer en aan hul eie ervaringe terugdink. Ek wou seker maak elke kyker kan homself or haarself in die video sien. Almal kan aanklank by die liedjie vind, dit is eenvoudig – die idee om mense te onthou as perfek en hulle te mis. Niemand is eintlik perfek nie, maar in ons herinneringe is hulle.” 

    Kyk die video vir “Brief vir jou” hier onder:

    Jy kan Liam Bosman se “Brief vir jou” HIER stroom / aflaai.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    featured event

    Related Content:

    • Jacobus Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Gat in jou sak”
    • Onike Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Eers Vir My Hou”
    • Zahn Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Geval Vir Jou”
    • Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Sweef Vir Jou”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Brief Vir Jou Liam Bosman South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleTHE GOVT. Unleashes “Devil (For Your Cold Shoulder)”
    Next Article Erin Elliot Releases New Single: “Mirror Talk”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    1 Comment

    1. Anonymous on November 25, 2023 9:57 am

      Eks te bang om daana te luister.

      Reply
    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Spoegwolf en Kurt Darren Featured

    Spoegwolf & Kurt Darren in JHB – 26 Oktober 2025

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    Kunstenaar Profiele
    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Sheron

    Sheron

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    The Color Blew
    February 5, 2024

    An Interview With The Color Blew

    8 Mins Read72 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Basson Laas
    July 30, 2025

    An Interview with Basson Laas

    10 Mins Read29 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.