Die winter mag ysig wees, maar Jay du Plessis is terug met ’n lied wat beslis die koue sal verdryf. Sy splinternuwe enkelsnit, “Dans Die Vlamme Dood”, is nou beskikbaar op alle digitale platforms – en dit’s alles wat jy nodig het om jou voete te laat beweeg.
“Dans Die Vlamme Dood” is ’n energieke dans- en popsnit wat die vreugde vier van liefde en saamwees. Die liedjie vertel die storie van ’n man wat sy geliefde herinner aan die goeie tye wat nog voorlê – ’n tema wat perfek pas by Jay se styl én by elke luisteraar wat ’n bietjie lig in die donker dae van winter soek.
Met sy pakkende melodie en positiewe boodskap is dié snit ideaal vir ’n Vrydagaand vol dans en ontvlugting van die week se stres.
Jay Du Plessis “Dans Die Vlamme Dood” is ’n Liedjie Met ’n Persoonlike Hartklop
Wat hierdie liedjie besonders maak, is die storie agter die woorde. Dit is geskryf deur Jay se goeie vriend, die oorlede Johan Oberholzer, wat vroeër vanjaar tragies oorlede is. Jay vertel:
“Ek wens ek kon Johan vra wat sy inspirasie was. Maar dit maak die lied vir my selfs meer persoonlik en emosioneel kosbaar.” sê Jay.
Die produksie is behartig deur Werner Beukes, ’n musikale vennoot van lank gelede. “Dit was heerlik om weer met Werner saam te werk ná soveel jare. Ons is reeds besig met nóg iets opwindends – so hou gerus dop,” sê Jay met opwinding.
Hoewel daar nie tans ’n musiekvideo beplan word nie, is ’n liriekvideo in die pyplyn – perfek vir aanhangers wat wil saam sing en dans.
Jay sê verder: “Ek wil hê mense moet beweeg – dis presies wat hierdie lied doen. Dis warm, vol energie en lewenslus. Ek is dankbaar vir elkeen wat saam met my dans.”
“Dans Die Vlamme Dood” is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify en Deezer. Draai die volume oop, trek jou dansskoene aan en laat Jay du Plessis jou winter warmer maak!
Luister “Dans Die Vlamme Dood” HIER.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.