Die Afrikaanse sangeres Babette, wat ’n rits treffers op haar kerfstok vrygestel het, is terug met haar nuutste enkelsnit “Net Soos Jy Is” – ’n country rock-liedjie wat luisteraars se harte gaan raak. Dié lied fokus op selfaanvaarding en die liefde wat ons vir ander voel.
Babette het “Net Soos Jy Is” saam met Mark Beling geskryf – dieselfde musikale vennoot met wie sy onlangs by die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings vereer is met die toekenning vir Beste Duo Enkelsnit.
In “Net Soos Jy Is” sing Babette oor die manier waarop mense hulself dikwels kritiseer. Die enkelsnit wys hoe ons geneig is om onsself te vergelyk met die perfekte beelde wat ons daagliks op sosiale media sien, maar Babette draai daardie perspektief om en herinner ons daaraan dat dit juis dié dinge is wat ons menslik maak.
“Ek wil hê mense moet besef littekens is mooi, of dit nou fisies of emosioneel is, en dat jy perfek is, net soos jy is,” sê Babette. Die enkelsnit dra ‘n boodskap van selfliefde en herinner jou daaraan om jouself te sien deur die oë van iemand wat jou regtig liefhet.
Die inspirasie vir die enkelsnit het ontstaan uit twee baie persoonlike ervarings. Eerstens het ’n vriendin vir Babette gevra om ’n lied te skryf oor vroue wat hulle lywe kritiseer en hulself vergelyk met die modelle wat ons op Instagram sien. Kort daarna het sy ’n voice note ontvang van ’n vriend wat ’n baie hartseer gebeurtenis uit sy verlede met haar gedeel het.
“Ek het besef hoe baie ek hom respekteer en lief het, juis oor wat hy al moes deurgaan,” vertel Babette. Hierdie twee oomblikke het saamgesmelt in die enkelsnit se kernboodskap: dat ons nie lief raak vir mense omdat hulle perfek is nie, maar omdat hulle opreg is.
Babette glo dat “Net Soos Jy Is” ’n lied is waarmee baie mense sal kan identifiseer. In ’n wêreld waar ons daagliks gebombardeer word met beelde van “perfekte” lewens, lywe en verhoudings, is dit maklik om te voel asof ons nie goed genoeg is nie.
Sy hoop dat die enkelsnit mense sal help om hulle eie waarde te sien – nie in vergelyking met ander nie, maar in hulle eie unieke storie. Die lied is bedoel om ’n troos te wees: ’n herinnering dat jy nie alleen is nie, en dat jy mooi is, net soos jy is.
Babette se planne vir die toekoms is om aan te hou skryf aan musiek wat mense hoop gee. Sy wil liedjies maak wat nie net mooi klink nie, maar ook betekenis dra.
Die hoogtepunt van haar loopbaan tot dusver was om te sien hoe haar musiek mense raak – hoe ’n lied iemand kan laat huil, lag, of net ’n bietjie lig bring in ’n donker tyd. Sy glo dat “Net Soos Jy Is” een van daardie liedjies is wat ’n verskil kan maak, en sy is opgewonde om dit met die wêreld te deel.
Meer inligting oor Babette
Babette is ’n kunstenaar wat haar hart en siel in elke liedjie sit. Sy is bekend vir haar eerlike lirieke en haar vermoë om emosie oor te dra. Sy het ’n natuurlike talent om stories te vertel deur musiek, en haar styl kombineer country, rock en Afrikaans op ’n unieke manier.
Sy woon tans in Gauteng, waar sy haar tyd spandeer aan liedjieskryf, optredes en kreatiewe projekte. Buiten haar musiek is Babette ook passievol oor mense – oor hul stories, pyn, en vreugde.
Sy glo dat musiek ’n brug kan wees tussen mense, en haar doel is om daardie brug te bou met elke liedjie wat sy sing. Babette is nie net ’n sangeres nie, sy is ’n stem vir diegene wat voel hulle is nie goed genoeg nie.
Einde Augustus tot middel Oktober 2025 gaan Babette na Swede, en moontlik ook Finland, vir ’n reeks musiekgeleenthede. Hierdie internasionale reis is ’n opwindende stap in haar loopbaan en bied haar die geleentheid om haar unieke klank en boodskap met ’n nuwe gehoor te deel, terwyl sy ook inspirasie put uit die musiekkultuur van Noord-Europa.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
Like what we do? Support us! Buy us Coffee and help us to bring more content to you.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.