Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Velvetblohm (Jan Blohm & Ryno Velvet) reik debuutalbum uit

    Velvetblohm (Jan Blohm & Ryno Velvet) reik debuutalbum uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music News 28 ViewsNovember 11, 2022
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Jan Blohm en Ryno Velvet het oor die afgelope paar maande bewys wat gedoen kan word wanneer jy talent op die regte manier kombineer. Hulle gesamentlike projek, Velvetblohm, het sedert dit vroeër vanjaar afgeskop het groot opslae in musiekkringe gemaak en hulle eerste twee enkelsnitte is baie goed ontvang.

    NetfloristOfferforge

    Om dinge nog meer opwindend te maak, het Velvetblohm pas hulle eerste album saam uitgereik en dis reeds besig om soos ’n veldbrand onder bewonderaars te versprei.

    Toe Roep Ek Jou Naam is ’n kontemporêre Afrikaanse rock-album, uit die kunstenaars se eie pen, en kan beskryf word as ’n “eerlike samevatting van emosie, bestaan, verstaan en weerloosheid… of ten minste ’n hoofstuk daarvan”.

    Volgens Ryno Velvet het hulle die titelsnit as naam gekies vir die album, omdat hulle graag die skryfproses en die geleentheid om saam te werk wou eer

    “Die kern waaruit ons inspirasie spruit was om saam te kon werk. Toe die stof gaan lê na ons besluit het om ’n album te doen, was daar niks anders as om in die oorlogkamer te vergader, ons koppe op ’n blok te sit en te begin skryf nie. Ons was op die regte tyd en plek om ’n album saam met Tertius Human te vervaardig,”

    Toe Roep Ek Jou Naam bestaan uit 11 puik snitte, wat noukeurig saamgestel en gekies is om met die hart te praat. Daar is verskeie nuwe snitte, waaronder “Tussen Die Lyne” en “Kaap” wat reeds gehoor kan word op verskeie radiostasies, asook herverwerkings van hulle grootste treffers.

    Velvetblohm verduidelik

    “Om een snit uit te sonder as ons gunsteling is onmoontlik. Die proses om elke liedjie te kon sien groei, het ons verlief gemaak op ieder en elk. Ons kan nie meer trots en tevrede wees met die finale produk nie. Daar is ’n baie talentvolle groep mense ingespan om dit bo verwagting te laat klink. Om Floors Oosthuizen, Vinnie Henrico en Denny Lalouette op die album te kan hoor is fenomenaal.”

    Velvetblohm

    Alhoewel Blohm en Velvet reeds in 2006 en 2009 saam getoer het, het die idee vir ’n amptelike Velvetblohm produksie eers aan die einde van 2021 posgevat toe hulle weer besluit het om saam op te tree. Wat begin het as ’n manier om hulle grootste treffers op ’n besonderse manier met bewonderaars te deel, het saam met Kobie Koen van Vonk Musiek ontwikkel tot ’n geleentheid om nuwe materiaal op te neem en vry te stel.

    Velvetblohm sien baie uit om nog meer musiek saam uit te bring en is baie opgewonde om in Desember weer saam te toer. Wanneer hy nie op die verhoog is nie, geniet Jan dit om te skilder en beeldhouwerk te doen. Hy is ook die eienaar van Jan Blohm-kunsgalery en Blohmhuis-teater in die Strand.

    Velvetblohm

    As Ryno nie sing nie, hou hy sy lyf grafiese ontwerper en fotograaf en geniet hy dit om musiek te vervaardig vir spesiale projekte. Toe Roep Ek Jou Naam is ’n aangrypende stukkie werk deur twee van die land se mees veelsydige liedjieskrywers en musikante en is hopelik net die begin van nog baie saam.

    NetfloristOfferforge

    Velvetblohm is opgewonde oor hulle debuutalbum

    “Ons sal graag wil hê luisteraars moet aanklank vind by die musiek. Hierdie album is vir hulle, die mense wat ons wil hoor of iets buite die boks wil ontdek. Ons het ’n goeie idee wat musiek vir ons aanhangers beteken en wil graag hulle ondersteuning regverdig deur ’n goeie album op te lewer wat hulle kan geniet en om ook saam met ons hierdie hoofstuk te vier.”

    Jy kan Velvetblohm se Toe Roep Ek Jou Naam HIER stroom / aflaai.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Ryno Velvet Reik “Volkswagen Bussie” Uit
    • Jan Blohm reik nuwe enkelsnit uit: “Levi Jeans”
    • Francois Van Coke & Ryno Velvet Stel “Aande” Video Vry
    • Gian Groen & Jan Blohm Sing “Vollebors” in Afrikaans

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Jan Blohm Ryno Velvet South Africa Velvetblohm
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleLenoy Barkai Releases “Do I Really Want To Know?”
    Next Article Deon Meiring Stel Nuwe EP Bekend: “Gebede En Briewe”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read11 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Kunstenaar Profiele
    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read110 Views
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read92 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.