Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Valiant Swart Reik Nuwe Album Uit

    Valiant Swart Reik Nuwe Album Uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 58 ViewsMay 19, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Nuwe insig kom deur waarneming en nie met redenasies nie. Valiant Swart het deur die jare juis só tot ’n nuwe verstaan van die lewe gekom. Met ’n loopbaan wat strek vanaf 1988 en talle kilometers op die pad, het Valiant Swart al die kante van die lewe gesien.

    NetfloristOfferforge

    Sy nuwe album, Rondry, Fliek en die Buitelewe, is ’n versameling karaktersketse wat deurspek is met die strewe na vryheid.

    Die inspirasie vir Valiant Swart se nuwe album is jare se waarneming van mense en plekke

    Hy verduidelik dat dié versameling liedere die lewe van alle kante benader. Party temas raak aan die strewe na vryheid, geluk en vervulling, terwyl ander die moeiliker tye in die lewe ondersoek.

    Die musiek kan vanuit ’n musikale oogpunt beskryf word as bittersoet, maar steeds opgeruimd. Die musiek is vrolik, maar met tye melankolies – eg aan goeie rock-en-roll musiek.

    Rondry, Fliek en die Buitelewe - Valiant Swart

    Met Rondry, Fliek en die Buitelewe bly Swart (wat bekend is vir sy rock, country en blues musiek) bly hy getrou aan sy musiekstyl en voeg hy nuwe liedere tot sy repertoire wat tuis sal wees op die langpad, sowel as om ’n kampvuur. Die temas van die liedere sal vergenoegdheid by jou wakker maak en jou sorge opsyskuif.

    Meer inligting oor Valiant Swart

    Valiant Swart, wat deur die jare groot bekendheid verwerf het met liedere soos “Eyeshadow”, “Kleinmond Koebaai”, “Jakarandastrate” en “Liefde By Die Dam” verduidelik dat sy grootste inspirasie vir musiek van sy pa afkomstig is.

    Sy liefde vir lirieke is te danke aan sy ma wat by hom ’n liefde vir geskrewe woorde gekweek het. Dis egter sy vrou wat hom daagliks aanspoor om na meer as 30 jaar steeds te kan doen waarvoor hy lief is.

     

    Vroeër in sy lewe, terwyl hy in Sunnyside (Pretoria) gewoon het, het Swart se paaie met dié van Koos Kombuis gekruis. Swart vertel dat hy in daardie stadium reeds ’n groot aanhanger van Koos Kombuis se musiek en gedigte was.

    Hy het die geleentheid gebruik om vir Koos van die eerste liedere wat hy geskryf het te speel. Sonder om te huiwer, het Koos hom as sy kitaarspeler aangestel en hom onder die vlerk geneem. Koos het opgetree as mentor en vir Swart geleer hoe om lirieke te skryf en musiek te komponeer.

    featured event

    Valiant Swart

    Met die verloop van tyd het Valiant Swart sy eie stem begin vind. Na afloop van sy diensplig het hy terug Stellenbosch toe gegaan met ’n hele arsenaal nuwe liedere. Saam met ’n skoolmaat en ’n paar musiekvriende het hulle die Valiant Swart Band gestig. Dit was die begin van ’n loopbaan wat vir Valiant regoor Suid-Afrika sou neem.

    Sedertdien het hy en sy musici by al wat ’n rockfees is, opgetree; Houtstok in 1990, OppiKoppi, Rustler’s Valley en Splashy Fen. Swart het ook talle musiektoekennings oor die jare verower, maar sonder die SAMA wat hy saam met Ollie Viljoen vir die album Vuur en Vlam gewen het uit bo almal.

    Valiant Swart se reise, kleurryke loopbaan, skryfvernuf en gawe om te komponeer, laat sy storievertelling deur musiek tot sy reg kom. Sy nuwe album is gebore uit observasie oor die jare. Na meer as 35 jaar op die pad kan luisteraars uitsien na ure se luistergenot met Rondry, Fliek en die Buitelewe.

    Rondry, Fliek en die Buitelewe is eersdaags beskikbaar op alle digitale platforms. Stroom / download / koop dit HIER.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Valiant Swart Reik “Lied Van Die Langpad” Musiekvideo Uit
    • Valiant Swart rides again
    • Valiant Swart Hou Veiling Om Sy Vrou Te Ondersteun
    • Saarkie reik nuwe enkelsnit uit: “Reënweer”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Blues Rock South Africa Valiant Swart
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleCindy-Louise Releases New Track: “Tattoo”
    Next Article Justin VR Unleashes New Single: “She Said…”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read6 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read9 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read15 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Spoegwolf en Kurt Darren Featured

    Spoegwolf & Kurt Darren in JHB – 26 Oktober 2025

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Kunstenaar Profiele
    Majozi

    Majozi

    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    ULTRA South Africa 2025
    May 14, 2025

    ULTRA South Africa Celebrates 10 Years With Sold-Out Shows

    3 Mins Read28 Views
    Basson Laas
    July 30, 2025

    An Interview with Basson Laas

    10 Mins Read29 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.