Die gewilde Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Ruhan du Toit is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Dit Sal Lekker Wees, Dankie”, wat nou op alle digitale platforms beskikbaar is.
Met ’n vars Afrikaanse country/rock-klank bring die liedjie ’n ligte, saamsing-energie wat perfek aansluit by Ruhan se kenmerkende styl. Die enkelsnit is geskryf deur Ruhan self, saam met Georic Lomas en Marco van Deventer – ’n span wat reeds bekend is vir hul eerlike en treffende storievertelling.

Ruhan du Toit se nuwe liedjie het ’n Eenvoudige, Maar Kragtige Boodskap
“Dit Sal Lekker Wees, Dankie” spruit uit ’n eenvoudige, maar kragtige boodskap. In ’n wêreld waar alles vinnig beweeg en mense konstant meer en beter najaag, vergeet ons dikwels om stil te staan en waardering te hê vir dit wat ons reeds het.
Die liedjie dien as ’n herinnering dat geluk nie altyd in groot oomblikke lê nie, maar juis in die alledaagse – dit wat reeds genoeg is.
’n Tema Waarmee Enigiemand Kan Identifiseer
Volgens Ruhan is dit juis hierdie universele tema wat die liedjie so besonders maak.
“Ek dink meeste mense kan met die boodskap identifiseer,” sê hy. “Dit gaan nie noodwendig oor spesifieke dinge soos jou bakkie of jou verhouding nie – dit kan enigiets wees wat vir jóú geluk bring.”
Met sy toeganklike aanslag en refrein wat gemaak is om saam te sing, glo hy die publiek sal die liedjie met oop arms ontvang. “Dis nie swaar nie, dis net lekker,” voeg hy by – ’n uitnodiging om vir ’n oomblik asem te skep en die lewe te geniet.
Musiek Wat Deel Word van Herinneringe
Vir Ruhan du Toit bly die grootste doel van sy musiek om deel te word van mense se lewensoomblikke.
“Musiek vorm deel van ’n mens se ‘memory’. As my liedjies deel kan wees van daardie oomblikke, is dit vir my ’n bonus,” verduidelik hy.
Saam met die vrystelling van die enkelsnit kan aanhangers ook uitsien na ’n liriekvideo, wat dit maklik maak om saam te sing en die boodskap nog dieper te beleef.
Kyk die video hier onder:
“Dit Sal Lekker Wees, Dankie” is ’n warm, egte herinnering dat die lewe nie altyd oor méér gaan nie – soms gaan dit net oor genoeg.
Die liedjie is nou beskikbaar op alle groot digitale stroomdienste, insluitend Apple Music, Spotify en Deezer. Stroom dit HIER.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.
Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.


