Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»MyMyMy Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Partytjie”

    MyMyMy Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Partytjie”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 8 ViewsSeptember 17, 2021
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Ná die sukses van “Ek en Jy, Dikgat” stel die synth-pop duo MyMyMy nou eindelik “Die Partytjie”, hul tweede enkelsnit van die jaar, bekend. Dis ’n hipnotiese droompop-ode wat senutergend vra: “Is die partytjie dan nou verby?”

    NetfloristOfferforge

    Conrad van Breda en Jana Oosthuizen is terug met ’n snit so ver verwyderd van die gewilde dog wyd geminagte “Dikgat” dat amper niemand sal glo dieselfde skeppers is hier betrokke nie.

    MyMyMy - Die Partytjie

    “Dit was amusant om te sien hoe lelik mense kan wees oor iets wat hulle nie verstaan nie,” sê Conrad. “Ons wou ‘Ek en Jy, Dikgat’ telke male verdedig, by familie en vriende, maar veral by onaangename kennisse. Engelse mense het gedink dit is fat shaming. Afrikaanse mense het gedink dis anti-Afrikaner. Die kommenste mense het dit as kommen kak afgemaak. Maar ons het op die ou end met niemand gestry nie.”

    Hulle reaksie op al dié drama het gelei na “Die Partytjie”

    Dié lied is amper ’n jaar na die eerste lockdown se aanvang tydens ’n week van isolasie in die klein dorpie Rooi-Els aan die Kogelberg se kus opgeneem – in ’n huis met ’n uitsig oor Valsbaai.

    En ná ’n jaar se lockdown was die uitkoms van die naweek se kreatiewe verrigtinge in baie opsigte voorspelbaar: ’n meditasie oor die pad vorentoe in ’n voortslepende pandemie. Met die eerste “oor”-opslag is “Die Partytjie” aanvanklik ’n sober en eerlike besinning oor die moeilike keuses waarvoor musikante te staan kom, maar met die liriek “Is die partytjie dan nou verby” – wat 25 keer herhaal – skuil daar tog ander betekenisse onder die oppervlak. Maar wat beteken die lirieke en hierdie snit vir MyMyMy?

    “Verbeel jou dis 05:00 die oggend. Die laaste gas is nog nie huis toe nie, maar jy het drie ure gelede reeds die musiek afgesit. Sommige lê uitgepass in donker hoeke. Ander het uit desperaatheid nog plesiere gaan soek. Maar jy weet hulle gaan dit nie kry nie. Jy weet die partytjie is nou verby.”

    Is dit ’n metafoor? As dit van MyMyMy afhang, beslis: “Ons partytjie gaan oor baie dinge: weltschmerz, sterflikheid, pandemiedepressie, oud word, aanvaarding, leë drankkaste en ja, dat huis toe gaan nie altyd ’n slegte ding is nie.”

    Die video is in die eetlokaal van die enigste kroeg op Rooi-Els, The Drummond Arms, verfilm. Die plek is bekend vir hulle gesellige atmosfeer, wonderlike kos en bobbejane.

    Janine vertel meer oor die video vir “Die Partytjie”

    “Die aand toe ons die opnames klaargemaak het moes ons dit uit die aard van die saak vier. En terwyl ons teug aan ’n tequila of twee het ons besluit die video moet hier geshoot word.”

    featured event

    Die video stel MyMyMy se laaste optrede aan ’n kwynende gehoor voor. “Dit was vir ons interessant om ’n vertoning te verbeel waar die gehoor nie regtig daar wil wees nie en almal eindelik wegdros en ons los sodat ons vir onsself, die leë stoele en plastiek tafeloortreksels sing.”

    Johan Nel het die kamerawerk en redigering behartig en slaag uitstekend daarin om die misterie van die omgewing en die sensitiwiteit van die oomblik vas te vang. Die gehoorlede bestaan uit Edo Mostert – wat ook almal se grimering gedoen het; Lucia Booyse – die bestuurder van The Drummond Arms; en Brend Cloete – ’n besoeker en plaaslike inwoner.

    MyMyMy se enkelsnit is van vandag (die 17de September 2021) beskikbaar op alle digitale platforms.

    Jy kan MyMyMy se musiek op Spotify, Deezer of Apple Music stroom / download.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • MyMyMy Reik Debuut Album Uit: “Treffers vir Tannies”
    • MyMyMy Irritates With New Single: “Ek en Jy, Dikgat”
    • Tian Nienaber Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Knip Die Tou”
    • Esté Gross Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Deur”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Die Partytjie MyMyMy South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleKills Birds Release New Single: “Glisten”
    Next Article Ro Bergman Releases New EP: “Hi-Lo”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read11 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read9 Views
    Tino
    September 17, 2025

    Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Op en Dop”

    2 Mins Read18 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Filthy Hippies
    September 26, 2025

    Filthy Hippies Release New Single: “Honey”

    2 Mins Read11 Views
    The Amblers
    September 26, 2025

    The Amblers Release New EP: “Never the Two Shall Part”

    3 Mins Read10 Views
    Temples on Mars
    September 26, 2025

    Temples On Mars return with new single: “Safeword”

    3 Mins Read6 Views
    Goeters Om Te Doen
    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Glimlag Fees 2025 Glimlag Fees 2025: 4 Oktober 2025

    Glimlag Fees 2025: 4 Oktober 2025

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Spring Fiesta 2025

    Spring Fiesta 2025

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Kunstenaar Profiele
    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Gareth Haze
    May 13, 2025

    An Interview With Gareth Haze

    8 Mins Read20 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read41 Views
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read62 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.