2025 se Liefde by die Dam & Liefde by die Nam feeste bring weer top Afrikaanse pop- en alternatiewe kunstenaars bymekaar op een groot verhoog, met wêreldklas ontwerp, klank en animasie.
Verwag ’n skouspelagtige produksie met heerlike verrassings in Johannesburg, Kaapstad en Windhoek!
Die Johannesburg edisie gebeur die 2de Augustus 2025 en is alreeds uitverkoop!
Hooforganiseerder Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties sê: “Johannesburg het die skoot weer hoog deur! 15 000 kaartjies. Alles binne minute uitverkoop! Ons is dankbaar Jozi! Kaapstad en Windhoek, kry julle kaartjies so gou as moontlik, om teleurstelling te vermy. Ons kan nie wag om saam te kuier nie.”
Komediant Schalk Bezuidenhout is vanjaar die seremoniemeester in Johannesburg en Kaapstad. Hy sê: “Liefde by die Dam is eie in sy soort. Dis ’n platter van ons land se beste musiek, ongeag of dit pop of rock is. Jy kry nie sommer by enige fees vir Francois van Coke en Robbie Wessels op dieselfde verhoog nie. Dis ’n lekker diverse program. En mense, daar is eendjies en biertjies met vissies op!”
Liefde by die Dam & Liefde by die Nam het ’n Sterbelaaide Lys Kunstenaars
Van die groot name wat onderskeidelik by Liefde by die Dam in die verskillende stede optree sluit in:
Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Early B, Robbie Wessels, Appel, Karlien van Jaarsveld, Kurt Darren, Riaan Benadé, Koos Kombuis, Dozi, Die Piesangskille, Jack Parow, Barto, Eloff en meer. Alles net lekker vibes!
Kaartjiebesonderhede
Kaartjies vir al drie Liefde by die Dam konserte is beskikbaar op Ticketmaster.
Kaartjiepryse:
- Algemeen: R395
- VIP: R2999 (vinnige ingang, toegang tot VIP-area, eie kroeg en toilette) – Geen VIP-pryse vir kinders beskikbaar nie – slegs een prys per persoon
- Kinders (4–12 jaar): R200
- Kinders onder 4: Gratis toegang
Kunstenaars per Stad:
Liefde by die Dam – Johannesburg (2 Augustus 2025)
Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Early B & Justin Vega, Die Piesangskille, Jay, Riaan Benadé, Wilma van Heerden, Henru & Schwabie, Jack Parow, Kurt Darren, Robbie Wessels, Appel, Danny Smoke, Eloff, Beste Band in die Wêreld Ooit, Karlien van Jaarsveld en Schalk Bezuidenhout as MC.
Liefde by die Nam – Windhoek (4 Oktober 2025)
Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Early B & Justin Vega, Lin-Mari, Vaughn Ahrens, Riaan Benadé, Sagarias Tsam, Jack Parow, Koos Kombuis, Kurt Darren, Robbie Wessels, Appel.
Liefde by die Dam – Kaapstad (1 November 2025)
Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Die Piesangskille, Barto, Riaan Benadé, Dozi, Wilma van Heerden, Henru & Schwabie, Ons, Loufi, Kurt Darren, Appel, Karlien van Jaarsveld en MC Schalk Bezuidenhout.
Liefde by die Dam bedank die volgende borge en vennote: kykNET, Kosmos 94.1, Flying Fish, Naked, We Buy Cars, ZARbet, lift (SA se mees buigsame lugredery), en Ticketmaster.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.