Groot verhoog. Groot klank. Baie Liefde! Indien jy nie geweet het nie, Suid-Afrika se immergewilde musiekfees Liefde by die Dam is vanjaar terug in Johannesburg en Kaapstad, en word ook vir die tweede keer in Namibië as Liefde by die Nam aangebied. Kaartjies vir Liefde by die Dam in Johannesburg het binne enkele minute vanoggend uitverkoop.
Hier is die datums vir Liefde By Die Dam & Liefde by die Nam 2024
- Johannesburg – Emmerentia Dam (3 Augustus 2024) – Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Die Piesangskille, Early B, Robbie Wessels, Eloff, Appel, Elandre, Demi Leigh Moore, Droomsindroom, Bobby van Jaarsveld, Chris Plakkies, Bacchus Nel & Georgetown Brass Band, Biggy, Radio Raps en Justin Vega.
- Windhoek – Vegkop (21 September 2024) – Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Die Piesangskille, Early B, Justin Vega, Robbie Wessels, Rikus Nel, Spoegwolf, Appel, Jack Parow, Riaan Benade, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Sagarias Tsam, Lin-Marie en Vaugn Ahrens.
- Kaapstad – Meerendal, Durbanville (2 November 2024) – Die Heuwels Fantasties, Fokofpolisiekar, Die Piesangskille, Early B, Robbie Wessels, Blackbyrd, Jack Parow, Snotkop, Rikus Nel, Loufi, Appel, Elandre, Riaan Benade, Droomsindroom en Justin Vega. Met MC Schalk Bezuidenhout.
Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties en ook een van die hooforganiseerders van Liefde By Die Dam het die volgende te sê gehad hieroor
“Ons is dankbaar vir die goeie afskop! Joburg is ons mothership konsert en altyd next level. Daar is iets aan hierdie show wat net elke jaar ons almal se verwagtinge bly oortref. Ons werk met die nuutste verhoog-tegnologie om wêreldklas -konserte aan te bied en daar is ook heelwat verrassings by elkeen. Ons raai almal in Kaapstad en Windhoek aan om te spring om kaartjies te kry voor dit te laat is.”
Dié gewilde konsert-reeks is bekend vir groot skares voor groot verhoë met `n reeks kunstenaars wat die top-klas Afrikaanse pop en alternatiewe klanke van die Suid-Afrikaanse musiek-landskap verteenwoordig.
Daniël Marais van treffer-groep Die Piesangskille, wat vir die eerste keer vanjaar by die konserte in al drie die stede gaan optree, vertel dat hy so paar jaar gelede as jong musiekliefhebber by twee Liefde By Die Dam shows was
“Elke keer as ek by die huis kom vertel ek my vriende: Dit was INSANE! So dit is rerig vir ons `n baie groot voorreg om hierdie keer op die verhoog te wees. Ons kan nie wag om die liefde met almal nou vanaf die verhoog te deel nie.”
Robbie Wessels het die volgende te sê oor Liefde By Die Dam
“Liefde by die Dam is een van die Awesome-ste konserte waarvan ek nog ooit deel was. Dit het`n great vibe, so baie energie en gees. Met my set gaan ek net probeer om almal lekker te laat kuier met al my groot hits soos Leeuloop, Asseblief my lief, Skinnidip en meer.”
Early B tree ook vanjaar weer by al drie Liefde konserte op, hy lewer ook sy inset
“Liefde by die Dam en Nam is vir my sover elke jaar van die grootste geleenthede om my liefde vir musiek te deel met skares van duisende mense. Dis A-mazing!”
Appel beaam tong in die kies
“Vanaf Liefde by die Dam tot Liefde by die Nam, is daar maar niks noravlok wat dit kan vervang!”
Kry meer inligting oor Liefde By Die Dam 2024 op Facebook, X of Instagram.
Hier is die program vir Liefde By Die Dam 2024 (Johannesburg)
- 08h30: Hekke maak oop.
- 09h00: Chris Steyn (Plakkies.)
- 09h20: Demi-Lee Moore.
- 09h50: Biggy.
- 10h15: Eloff.
- 10h55: Bacchus Nel & Georgetown.
- 11h20: Droomsindroom.
- 11h55: Bobby van Jaarsveld.
- 12h35: Elandré.
- 13h15: Die Piesangskille.
- 13h45: Appel.
- 14h25: Die Heuwels Fantasties.
- 15h10: Robbie Wessels.
- 15h50: `n Verrassing!
- 16h25: Francois van Coke
- 17h00: Early B and Justin Vega.
Liefde by die Dam bedank die volgende media en borge: We Buy Cars, Flying Fish, Naked Insure, kykNET, Jacaranda FM, Bok Radio, Kosmos 94.1, Olof Bergh, Lift, SA`s most flexible airline en Ticketmaster.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Serious about cybersecurity? Safeguard your online privacy and access global content securely with Private Internet Access VPN — your ultimate shield against digital threats!