Met sy nuwe enkelsnit “Sondaar” maak Gian Groen die deur oop na ’n wêreld van eerlikheid, broosheid en selfondersoek. Dit is ’n lied wat nie probeer wegsteek nie – een wat diep delf in skuld, vergifnis en die soort liefde wat bly staan wanneer alles anders verbrokkel.
“Sondaar” is meer as ’n liefdeslied. Dit is ’n refleksie oor die menslike kondisie: hoe ons breek, herstel, struikel, opstaan en uiteindelik leer om onsself én ander sagter te hanteer. Die balans tussen skuld en genade staan sentraal, met die soort emosionele rouheid wat onmiddellik onder die vel inbeweeg.

Gian vertel dat die lied tuis ontstaan het – in stilte, nadenke en eerlike selfbesinning — voordat dit uiteindelik in die ateljee sy finale vorm aangeneem het.
Groen het al ’n jaar voor die finale opname aan die koortjie gewerk. “Dis ’n baie persoonlike lied,” sê hy, “en ek wou hê die luisteraar moes dit voel.” Die emosionele kern van die lied draai om die vraag: Hoe kan ons liefde verdien as ons nie eers bereid is om ons eie sonde raak te sien nie?
Vir Gian is die reël “As ek my sonde sou ontsien, hoe sou ek jou dan verdien?” ’n direkte skakel na die Bybelse idee dat niemand sonder foute is nie. En juis daarom, sê hy, is niemand verhewe bo ’n ander nie.
“Sondaar” dra ’n universele boodskap: alle mense, ongeag hul foute, verdien liefde en vergifnis. Gian sê hy glo vas daaraan dat ons almal feilbaar is, maar dat ons juis daarom die vermoë het om teenoor mekaar sagter, eerliker en mensliker te wees.
Die produksie, saam met Tertius Human en met Vinnie Henrico op dromme, skep ’n intense rockballade met ’n gevoel van “koue water aanslag” – musiek wat skerp, rou en eerlik oor die luisteraar spoel. Dit is die soort lied wat jou laat stilraak en jou eie storie vir ’n oomblik laat weerklink.
Gian Groen benadruk dat hy doelbewus nie op een klank wil vassteek nie. “My missie is om veelsydig te wees, en ek hoop mense hoor dit in hierdie lied.”
’n Nuwe Hoofstuk vir Gian Groen
“Sondaar” vorm deel van ’n nuwe reeks liedjies wat almal tematies verbind is aan ’n nuwe fase in Gian Groen se lewe. Hy beskryf hierdie stukke as van sy eerlikste werk nóg – die soort musiek wat luisteraars stil maak, net soos dit hom stil maak wanneer hy dit uitvoer.
Met hierdie lied herinner Gian Groen luisteraars daaraan dat liefde nie perfeksie vereis nie, maar eerlijkheid, aanvaarding en onwrikbare menslikheid. “Sondaar” is ’n reis deur skuld en vergifnis, en bewys weer hoekom Gian een van Suid-Afrika se mees resonante en deurlewende stemme bly.
Jy kan “Sondaar” op Spotify en al die ander musiekstromingsplatforms stroom.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.


