Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Dani VillĂ© Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Jys Okay”

    Dani VillĂ© Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Jys Okay”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 38 ViewsJuly 11, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Kaapstad-gebaseerde sangeres en liedjieskrywer Dani Villé keer terug met ’n splinternuwe enkelsnit getiteld “Jy’s Okay”. Hierdie akoestiese-pop liefdesliedjie is geïnspireer deur haar tyd in Berlyn, waar sy in 2023 vir drie maande haar musiek met internasionale gehore gedeel het.

    NetfloristOfferforge

    Dani beskryf dié tyd as lewensveranderend: “Ek het ongelooflike musiekervarings in Berlyn gehad en wonderlike mense in die internasionale musiekbedryf ontmoet. Maar ek het my kêrel en my mense vreeslik gemis. Ná ’n maand het ek begin wonder of ek die regte besluit geneem het.”

    Dani Villé

    Dit was uiteindelik haar kĂŞrel se ondersteuning wat haar geĂŻnspireer het om aan te hou – en wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van “Jy’s Okay”.

    ’n Liedjie vol gevoel – vasgevang in elke noot

    Die liedjie is opgeneem by Ollyvan Studios saam met Olly van Schalkwyk, en Dani beskryf die opnameproses as ’n absolute fees. “Ons het doelbewus met akoestiese-pop elemente gewerk – genoeg ritme, maar met ruimte vir emosie. Ek wou hĂŞ die gevoel waarmee ek die lied geskryf het, moes gehoor en ervaar kan word. Ek kon nie vir ’n beter eindresultaat vra nie.”

    Met “Jy’s Okay” skop Dani ’n nuwe hoofstuk in haar musikale reis af – een wat persoonlik, eerlik en vol gevoel is.

    Kyk die musiekvideo vir “Jys Okay” hier onder:

    Jy kan “Jys Okay” HIER stroom/aflaai.

    Dani Villé is ’n Onafhanklike kunstenaar met diep wortels

    Dani Villé het in 2020 haar eerste selfgetitelde EP vrygestel onder Universal Musiek, met treffers soos “Verdwaal”, “Twee keer”, “Ek soek net vir jou” en “As ek sing”.

    Sedertdien het sy haar onafhanklike teenwoordigheid op platforms soos Spotify, iTunes en Deezer gevestig, met nuwe liedjies soos “Blinkers”, “Alles”, “Liefdeskind” en “Ruled by You” wat daarop gevolg het.

    featured event

    Sy besef egter dat talent nie genoeg is om in die musiekbedryf te floreer nie. Daarom het sy in 2020 vir ’n Diploma in Musiekbesigheid ingeskryf by COPA (Campus of Performing Arts) in Kaapstad. “Ek weet nou dis nie net goeie liedjies wat jou vat waar jy wil wees nie — dit verg harde werk en strategiese beplanning.”

    Buite haar eie loopbaan, neem Dani Villé ook gereeld deel aan konserte by haar familie se buitelug-musiekteater. In die somermaande tree sy saam met van Suid-Afrika se grootste kunstenaars op, waaronder Spoegwolf, Refentse, Elvis Blue, Kahn Morbee, Elandré, en Riaan Benadé.

    Met ’n vol kalender, nuwe liedjies op pad, en ’n passie wat aanhou groei, wys Dani Villé dat sy nie net ’n kunstenaar is nie — maar ’n storieverteller, ’n entrepreneur, en ’n stem wat in die Suid-Afrikaanse musiektoneel gehoor móét word.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • ‘n Onderhoud met Dani VillĂ©
    • Len Muller Reik Musiekvideo Uit vir “Jy’s Okay”
    • Jelly Roll Releases New Single: “I Am Not Okay”
    • Sewevoet Reik Nuwe Enkelsnit en Musiekvideo Uit

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Cape Town Dani Villé Jy's Okay South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleRaz Ohara Releases New Album: “Memories Of Tomorrow”
    Next Article Craig Lucas Releases New EP: “Tip Of My Tongue”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read6 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    HendrĂ© Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read9 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read10 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Kunstenaar Profiele
    Sheron

    Sheron

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read12 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read66 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.