Die geliefde Afrikaanse liedjieskrywer en sanger Christiaan Baartman is terug met ’n nuwe enkelsnit, “Somernagte” – ’n lekker poplied wat die jeugherinneringe van liefde, hoop en vryheid opnuut laat opvlam.
“Somernagte” vang die gevoel van jong liefde vas in ’n wêreld waar dit dikwels die enigste skat is wat jy besit. Met ligte, opgewekte produksie en eerlike lirieke, straal die lied daardie sorgvrye, nostalgiese somerherinneringe uit – kaalvoet op die strand, die wind in jou hare en die gevoel dat niks anders saak maak nie. Dit is ’n lied wat moeiteloos in enige speellys sal pas wat warmte, positiewe energie en egtheid uitstraal.

Christiaan Baartman is ’n Ervare storieverteller
Baartman is geen nuwe naam op die Afrikaanse musiektoneel nie. Met meer as 20 jaar ervaring, meer as 50 oorspronklike liedjies, landswye toere, radiotreffers en verskynings in van Suid-Afrika se grootste verhoog- en TV-produksies, het hy homself gevestig as ’n storieverteller wat altyd die hart van sy luisteraars tref.
“Ek wil altyd musiek maak wat iets beteken,” sê hy. “Met ‘Somernagte’ gee ek nie net ’n vrolike lied nie, maar ook ’n herinnering aan die passies en vreugdes wat ons soms vergeet wanneer ons net agter die lewe en geld aanhardloop.”
Lirieke wat stories vertel
Die lirieke vertel van die eenvoud van jong liefde – slaap in ’n Volla sonder ’n sent op die naam, maar met die sekerheid dat jy reeds alles het wat tel.
Die koor roep die beeld op van Weskus-see, oop paaie en ’n lewe vol verrassings, met die N1 as sleutel tot nuwe avonture.
Later wys die tweede vers hoe daardie jeugliefde saam groei in ’n toekoms vol drome, uitdagings en vreugdes.
“Somernagte” is meer as net ’n somersnit – dit is ’n vlugtige ontsnapping én ’n tydlose boodskap. Dit herinner luisteraars aan hul eie jeugherinneringe en aan die mense en oomblikke wat regtig saak maak.
Met sy kenmerkende eerlikheid en warmte, bevestig Christiaan Baartman met dié vrystelling hoekom hy steeds een van die mees geliefde stemme in die Afrikaanse musiekbedryf is.
Jy kan die liedjie op Spotify en ander musiekstromings platvorms stroom.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News category on SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.



