Valiant Swart (een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars) is verheug om die vrystelling van sy nuwe musiekvideo vir sy liedjie “Lied van die langpad” aan te kondig. Die liedjie is op sy nuwe album (wat onlangs uitgereik is).
Die maak van die musiekvideo was ‘n groot sukses en het ‘n aansteeklike vibe en ongelooflike energie in die lug gehad. Swart sê hy het lanklaas so helder oordag gedans, en dit op ‘n Maandag nog! “Die eindproduk van die musiekvideo is fantasties” vertel Valiant Swart. Die energie is amper tasbaar en die filmspan het uitstekend daarin geslaag om die beste uit die rolspelers te kry.
Die produksie het almal met groot glimlagte agtergelaat. Swart is trots op die afwerking van die musiekvideo en glo dit sal die harte van sy ondersteuners verower.
Die regisseur (Michael Van Zyl) en sy span (Macayla Smit, Ruan Bouwer, Storm Opperman & Ashley Du Toit) het puik werk gelewer deur die energie van die liedjie oorgedra te het na die skerm. “Ek wil die hele span bedank vir hul harde werk en toewyding aan hierdie projek.” sê Valiant Swart.
Valiant Swart nooi al sy ondersteuners en musiekliefhebbers om saam te kom dans en die aansteeklike energie van die video te ervaar.
Meer inligting oor Valiant Swart
Valiant Swart is ‘n Afrikaanse musikant, akteur en komponis van Stellenbosch, Suid-Afrika wat geen bekendstelling nodig het nie. Sy debuutalbum, Die Mystic Boer, is in 1995 deur Rhythm Records uitgereik. Hy is al vir meer as 30 jaar deel van die SA Music Scene. Kanse is goed dat jy hom al iewers by ‘n live show of ‘n fees sien optree het.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.