Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Valiant Swart Hou Veiling Om Sy Vrou Te Ondersteun

    Valiant Swart Hou Veiling Om Sy Vrou Te Ondersteun

    Henno KrugerBy Henno Kruger5 Mins Read Music News 37 ViewsJanuary 12, 2022
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Gewilde SAMA-bekroonde sanger, liedjieskrywer en akteur Valiant Swart en sy vrou kan getuig dat ernstige siekte, hetsy jou eie of die van ’n geliefde, ’n reuse impak op al die betrokke partye se lewens het.

    NetfloristOfferforge

    Lanelle, wat ook sy agent is, het twee jaar gelede ’n kankeroperasie ondergaan. Sedertdien het daar egter komplikasies ingetree en is sy onlangs gediagnoseer met limfedeem in haar regterbeen, wat moontlik ook later na haar linkerbeen kan versprei.

    Valiant Swart vertel ons meer oor Lanelle

    “Lanelle is ’n ystervrou en super-ma vir ons kinders. Sy het haar hele lewe lank ’n aktiewe leefstyl geleef en nog altyd die fort gehou as ek op die pad moes wees. Limfedeem het haar alledaagse bestaan aansienlik verander.”

    Valiant Swart & Lanelle

    As gevolg van haar diagnose, wat met tyd gaan vererger, is hierdie aktiewe een-en-vyftigjarige ma – wat steeds studeer en gereeld stap, swem en reis – se toekomsplanne heeltemal omvergewerp.

    Pyn, ongemak, strawwe behandelings en oefeninge, asook ’n streng dieet het haar nuwe normaal geword… en om ver te ry (wat noodsaaklik is vir Valiant se beroep) is nou ’n onaangename en vermoeiende ervaring.

    “My vrou moet dag en nag ongemaklike, beperkende kompressie-kouse dra om te voorkom dat haar bene opswel en toestand versleg. Sy moet ook elke oggend, sonder uitsondering, spesiale oefening doen om swelling, pyn en komplikasies te voorkom. Ten spyte van haar gedissiplineerde oefenprogram en dieet, ondervind sy steeds deurlopend pyn en ongerief en maak dit normale dinge soos karbestuur uitputtend.” sê Valiant Swart.

    Gelukkig was sy nog nooit iemand wat haar laat onderkry nie en het sy besluit om terug te baklei teen hierdie aaklige siekte.

    Na deeglike navorsing, het hulle ontdek dat daar oorsee ’n mikro-sjirurgiese prosedure bestaan om limfedeem te behandel. Daar is egter net ’n handjie vol instansies en sjirurge wat hierin spesialiseer en hulle was gelukkig genoeg om ’n hoogaangeskrewe Amerikaanse spesialis in Cleveland, Ohio op te spoor, wat vroeg in 2022 wil opereer.

    “Limfedeem affekteer alle aspekte van my lewe. Buiten vir net chroniese swelling, pyn en ongemak, het dit ook ’n invloed op my immuunstelsel en kan dit lei tot lewensgevaarlike bakteriële infeksie. Die ergste vir my is die vrees dat ek my beweeglikheid kan verloor. Hierdie operasie sal my ’n kans gee om normaal te funksioneer omdat dit ’n alternatiewe dreineringsroete vir die limf skep, wat weefselverandering help vertraag en die kanse om infeksie op te doen verminder.” sê Lanelle.

    NetfloristOfferforge

    Die probleem is egter dat die prosedure self ’n klein fortuin kos, om nie eers te praat van reis- en  verblyfkoste (voor, gedurende en na die operasie) nie. Om geld in te samel om Lanelle te help om teen die aaklige siekte te baklei, beplan die Valiant Swart en sy vrou om – in samewerking met WOES – twee veilingsfunksies te hou in die Kaap en Gauteng.

    “Ons wil graag vroeg in 2022 twee lewendige veilingsfunksies hou. Dit gaan terselfdertyd ook aanlyn gestroom word om ’n groter gehoor te verseker en ’n uitstekende reklame-platform aan adverteerders te bied.” verduidelik Valiant Swart.

    Buiten vir optredes deur bekende kunstenaars, gaan daar ook waardevolle Valiant Swart-memorabilia opgeveil word, waaronder Jinx (sy karakter in Song vir Katryn) se kitare (gemonteer in hout- en glas-uitstalkaste); ’n beperkte aantal nuwe elektriese kitare; handgeskrewe en geraamde lirieke van treffers soos Songvanger, Die Mystic Boer, Eyeshadow en Duisend Myl Blues; die laaste oorblywende bottels Mystic Boer-brandewyn; getekende geraamde foto’s; kunswerke, ensovoorts.

    Valiant Swart

    “Toe Kobie van Vonk Musiek ons skakel om te hoor of ons vir Lanelle sal help fondse insamel, was ons dadelik aan boord,” sê Jaco van Dyk, een van die stigterslede van WOES. “Ons sal graag soveel as moontlik wil insamel, aangesien die pad wat vir hulle voorlê finansieel nog baie onseker is.”

    Fondse sal verder ook op drie ander maniere ingesamel word:

    1. Die verkoop van advertensiespasie op WOES se aanlyn-veilingsblad
    2. Skenkings deur individue en instansies
    3. Lootjieverkope op items soos ’n vakansie, jagnaweek, gholfpakket, spa-wegbreek, visvanguitstappie, wyn, vleis, skoonheidsbehandelings en vele meer.

    “WOES is oorspronklik aan die begin van die Covid-19 pandemie gestig om kunstenaars te help, maar het vinnig uitgebrei na skole en ander instansies,” verduidelik Jaco. “Ons het reeds negentig programme agter die blad, waaronder twee ‘Ons Sal Self’-konserte (in samewerking met Coleske Artists en Vocal Events) en twee ‘Red Die Boer Restaurant’-konserte, wat nie net groot hoogtepunte was nie, maar ook ’n broodnodige verskil gemaak het. Kykers geniet die program omdat hulle so ook die geleentheid kry om ’n verskil te maak. Ons doen waarvoor ons lief is en is dankbaar dat ons soveel mense as moontlik in die proses kan help.”

    Die Gautengse Valiant Swart konsert en veiling sal op 27 Januarie 2022 plaasvind by The Blue Crane Restaurant in Pretoria.

    Besighede en individue wat graag skenkings wil maak, pryse wil borg, advertensiespasie wil koop of betrokke wil raak, kan ’n e-pos stuur na valiant@valiant.co.za vir meer inligting.

    “Ek doen reeds alles in my vermoë om die toestand deur leefstylveranderinge te beheer, maar dit is ongelukkig nie altyd genoeg nie en ek leef met die konstante vrees dat my ander been ook aangetas kan word. Dit is nie ’n uitgemaakte saak dat die operasie ’n sukses sal wees nie, maar dit is my enigste hoop en ons is dankbaar vir almal wat reeds uit hulle pad uit gegaan het om ons met die fondsinsameling te ondersteun.” sê Lanelle

    Kaartjies vir die veiling, lootjies en konsert sal aanlyn beskikbaar wees op Tixsa by https://bit.ly/31L2T1I.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Valiant Swart rides again
    • Valiant Swart Reik Nuwe Album Uit
    • Valiant Swart Reik “Lied Van Die Langpad” Musiekvideo Uit
    • Onike Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Eers Vir My Hou”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrkaans South Africa Valiant Swart
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleSavak Shares New Single: “Cold Ocean”
    Next Article Baker Grace unveils video for “Midnight Thoughts”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    More Music News
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read9 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read10 Views
    SAMA31
    October 8, 2025

    SAMA31 Nominees Announced

    9 Mins Read34 Views
    Categories
    Latest Articles in Other Categories
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read6 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Andrea Lisa
    October 8, 2025

    Andréa Lisa Shines with New Single: “Like Each Other”

    2 Mins Read14 Views
    Stuff To Do
    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Artist/Band/Group Profiles
    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Sheron

    Sheron

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Leigh Avenue
    Featured Articles
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read66 Views
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read65 Views
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read92 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.