Die gewilde liedjieskrywer en sangeres Luna Paige het vroeër vanjaar besluit om iets groots aan te pak: in die era waarin daar meestal enkelsnitte uitgereik word, het Luna besluit om nie net een vollengte album nie, maar tweé op te neem en op dieselfde dag uit te reik.
Aanhangers kan uitsien na die bekendstelling van Luna se Afrikaanse nuutskepping Dis die dors, asook haar nuwe Engelse album Harmony.
Dis die dors is Luna se tweede Afrikaanse solo album. Paige het die snit “Dis die dors” as titelsnit vir die album gekies omdat sy glo dié lied vang die essensie van die album vas.
Harmony is Luna se vyfde Engelse solo album. “Harmony” is as titelsnit vir die album gekies omdat die lied op sy beurt weer die Engelse album in geheel vasvang. “Harmony” is geskoor op die filosofieë van Plato en Heraclitus, en speel met die tema van teenoorgesteldes: lig, donker, goed, sleg, heel- en gebrokenheid.
Dit is die eerste keer in 10 jaar wat Luna Paige nuwe solo-werk bekendstel. Sy vertel ons meer oor die besluit om so `n groot uitdaging aan te pak
“Ná ietwat van ‘n hiatus het ek ‘n hele paar liedjies opgehoop – in my moedertaal en in Engels. Na ‘n introspektiewe tydperk tydens die pandemie, en baie onvermydelike waarnemings as gevolg van globale gebeure en die ontploffing van die digitale era – het ek gevind dat die liedjies wissel tussen meer intieme en introspektiewe temas oor mens vs natuur; maar ook meer uitlokkende temas wat die dualistiese aard van die self in verhouding tot ander aanspreek.”
“Dit lyk of die Afrikaanse album na die meer introspektiewe neig, terwyl die Engelse album ‘n meer dinamiese aanslag (tematies en musikaal) het – wat vir my nogal opwindend is. Aangesien ek van plan is om vir die res van die jaar oorsee te reis, het ek gedink dit is gepas om my aanhangers met genoeg materiaal te los, totdat ek terugkom met my knapsak vol nuwe liedjies.”
“Ek is bly dat ek dit alles kon vermag. Dit voel soos ‘n groot wen om my visie om twee albums tot lewe te bring, te sien realiseer.”
Hoe is die musiek? Wel, dis ‘n eklektiese mengelmoes van invloede uit verskeie genres soos folk, pop, blues, wêreldmusiek, ska/reggae, gypsy musiek en rock.
Jy kan Dis die dors HIER stroom of Harmony HIER stroom.
Buiten haar aanlyn bekendstelling, stel Luna Paige ook die volgende produkte beskikbaar:
- 100 USB-stokkies met beide albums, lirieke, plakkaatontwerpe en 2 musiekvideos teen R450 elk.
- 100 USB-stokkies met al Luna se musiek (2003-2024), lireke, plakkaatontwerpe en musiekvideos teen R1000 elk.
- 100 Luna Paige notaboekies met lirieke uit Dis die dors en Harmony.
Bogenoemde produkte kan vanaf 5 April op Luna Paige se webwerf bestel word of by Luna se opkomende konserte aangeskaf word. Luna Paige sal na afloop van haar bekendstelling na Europa reis.
Hier is die konsertdatums vir Luna Paige se nuwe albums se bekendstelling
- 14 April 2024 – Moonshot Cafe, Pretoria – Kry kaartjies HIER.
- 17 April 2024 – BV Hall, Philadelphia, Wes Kaap – Kry kaartjies HIER.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.