Sosiale media-ikoon en musikant Francois Boyce, beter bekend aan sy aanhangers as #HoezitSamelewing, stel sy nuutste Afrikaanse liefdeslied, “Sonskyn”, vry. Die lied is ’n opregte en emosionele viering van liefde, geloof en die klein, maar kragtige oomblikke waarin ware verbintenis tussen twee mense ontstaan.
Oor die afgelope paar jaar het Francois ’n lojale en uiteenlopende aanhang opgebou op platforms soos Facebook, Instagram, TikTok en YouTube.

Deur ’n kombinasie van humor, eerlike gesprekke en inspirerende boodskappe het hy ’n handelsmerk geskep wat verder strek as vermaak alleen. .
#HoezitSamelewing resoneer met mense wat waarde heg aan egte stories, gemeenskapsgevoel en inhoud wat hoop en menslikheid beklemtoon. Dikwels met ’n glimlag, soms met ’n traan, maar altyd met die gevoel van “ek verstaan jou”.
“Sonskyn” is direk geïnspireer deur Francois se eie liefdesverhaal met sy vrou. Sy het lankal een spesifieke woord gehad wat sy wou hoor van haar toekomstige lewensmaat, maar het aanvanklik gesukkel om dit te deel.
Toe Francois die woord uiteindelik onbewustelik gebruik, het dit ’n keerpunt geskep wat bevestiging, vertroue en liefde gebring het. Daardie oomblik vorm die emosionele hart van die lied.
“Toe ek die woord in ’n oproep gebruik, was haar reaksie eenvoudig: “Ons moet praat.” By ons volgende ontmoeting vertel sy my dat die woord “sonskyn” is. Dit het gelei tot van die mooiste woorde wat ek nog ooit gehoor het: “Nou weet ek dit is jy.” vertel Francois Boyce.
“Ek weet net nog nie of jy weet dit is ek nie.” Hierdie lied gaan oor daardie oomblikke wat jou laat besef dat elkeen van ons ’n sonskyn-mens in ons lewe verdien. Ek vier liefde. Ek vier wat mense bereid is om te doen en op te offer vir liefde.”
Musikaal is “Sonskyn” ’n gevoel-goed Afrikaanse liefdeslied met intieme lirieke en ’n sterk menslike storie. Dit is ideaal vir romantiese radiospeellyste en spreek luisteraars aan wat hou van eerlike emosie en betekenisvolle Afrikaanse musiek.
Meer inligting oor Francois Boyce
Francois Boyce is nie net ’n musikant nie, maar ook ’n gerespekteerde sosiale media beïnvloeder, aanbieder en kreatiewe skepper.
Sy unieke stem, persoonlike benadering en opregte verbintenis met sy gemeenskap het hom ’n stewige plek in die digitale en musiekruimte besorg.
Met “Sonskyn” bou hy verder aan ’n repertoire wat mense herinner aan die waarde van liefde, begrip en egte menslike konneksie.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News category op SA Music Zone.
Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.
Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.



