Chris Steyn, die gewilde sanger wat luisteraars verras het met treffers soos “Plaas Dorp Toe”, “Ek Kannie” en “Helemal”, is terug met ’n vars enkelsnit wat meer persoonlik raak as ooit. “Bruinoog Blond” is vandag uitgereik en behoort vinnig ’n gunsteling onder sy aanhangers te word.
Die liedjie dien as ’n warm en eerlike ode aan sy meisie. Volgens Chris beskryf dit presies wie sy is en hoe sy dinge aanpak. “My nuwe enkelsnit ‘Bruinoog Blond’ gaan oor my meisie, en dit verduidelik presies hoe sy is en hoe sy goed doen,” verduidelik hy.

Liedjieskrywers wat presies die regte toon tref
“Bruinoog Blond” is geskryf deur Georic Lomas en Marco van Deventer, twee talentvolle liedjieskrywers wat onlangs die Aitsa-toekenning vir liedjieskrywer van die jaar ontvang het. Chris is vol waardering vir hul werk: “Ek dink Georic en Marco het net presies gecapture wat en hoe my meisie is, en dit in ’n cool liedjie vir my omskep.”
Chris Steyn sê die liedjie is vrygestel omdat dit eenvoudig heerlik klink en hy hoop dat mense met die storie en gevoel daarvan kan aanklank vind.
Hoewel dit steeds die kenmerkende Chris-styl dra, is dit meer persoonlik as vorige treffers soos “Plaas Dorp Toe” en “Ek Kannie”. Hy meen luisteraars wie se meisies blonde hare én bruin oë het, gaan die lied net so geniet soos hy.
Die doel agter die musiek
Uiteindelik hoop Chris dat die liedjie net vreugde bring. “Ek wil hê mense moet dit geniet, lekker saam sing, en dat dit vir hulle ’n goeie gevoel gee.”
Hoewel daar nie ’n volledige musiekvideo beplan word nie, kan aanhangers die lirieke video op YouTube kyk (of hier onder)
Met “Bruinoog Blond” behoort Chris Steyn weer eens deel te word van luisteraars se daaglikse en somer speellyste.
“Bruinoog Blond” is nou beskikbaar op alle digitale stroomplatforms, insluitend Apple Music, Spotify en Deezer.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.



