Mompel kletsrymer, Angie oeh, het ‘n vuurhoutjie aangesteek en nou kyk sy hoe dinge ontplof vir haar. Kort op die hakke van haar debuut kortalbum, Sex in Afrikaans, se vrystelling het Angie ‘n gesogte rol in ‘n Jägermeister TV advertensie gekry. Plus, haar enkelsnit, “Dis Jou Wyfie REMIX” feat. Loufi word gebruik in die derde episode van die Netflix reeks, Ludik.
En net toe almal begin dink “wat nou volgende?”, kondig Angie haar tweede kortalbum, Mooiste Meisies, aan. Sy sal elke twee week ‘n splinternuwe enkelsnit vrystel wat sal ophou na die vrystelling van haar 5-snit kortalbum getiteld Mooiste Meisies.
“M.O.” is die eerste enkelsnit vanaf Angie oeh se Mooiste Meisies EP af en is nou uit!
“’M.O.’ is vir my ‘n dope song, en ‘n nice entryway na my nuwe EP, Mooiste Meisies. Alhoewel ek sing oor titties en booty’s, sing ek ook oor my gevoelens. Die lyn ‘al wat die mense soek is ‘n fokken show nou’ beteken vir my baie, want mense vergeet partykeer dat daar ‘n mens agter die persona is. Ek hoop almal vibe met die beat, flow en lirieke so baie soos wat ek doen.” vertel Angie oeh.
Angie oeh gaan die 15de September, 29ste September, 13de Oktober en 27ste Oktober die ander snitte van die EP uitreik, so maak seker dat jy jou ogies oophou op jou gunsteling musiekstroom platform. Die EP is vervaardig en opgeneem deur Peach van Pletzen by Planet Awesome.
“Die EP gaan oor seks, dwelms, liefde, gevoelens, alles paired met ‘n vet bassline. Enjoy guys. Love you, aweh!” sê Angie oeh
Luister “M.O” hier onder:
Jy kan “M.O” HIER stroom / download.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.