Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Zybrandt Reik Debuut EP Uit: “Sneeu en Satyn”

    Zybrandt Reik Debuut EP Uit: “Sneeu en Satyn”

    Henno KrugerBy Henno Kruger5 Mins Read Music News 11 ViewsNovember 5, 2021
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Zybrandt is een van die mees opwindende nuwe stemme in die Afrikaanse- musiekbedryf. Sy debuut-liedjie Anders wat vroeër vanjaar uitgereik is, het verskeie posisies op radio-trefferlyste landwyd gehaal.  Die tweede liedjie Kamoefleer wys op Zybrandt se musikale vaardigheid en `n derde enkelsnit Vlerke Neer is in Oktober uitgereik om voorbrand te maak vir Zybrandt se 5-snit EP Sneeu en Satyn wat op 5 November die lig sien.

    NetfloristOfferforge

    Zybrandt sê dat Vlerke Neer vir hom die naaste aan sy hart is

    “Dit is geskryf vir my vriend en musiek-vervaardiger, Jeremy, se meisie, Fleur, wat in 2017 aan kanker oorlede is. Dit was `n moeilike tyd en nou, jare later, was dit ook nie maklik om die liedjie uiteindelik op te neem en alles weer so helder te herleef nie. Vlerke Neer is ‘n huldeblyk aan geliefdes wat die grootste oorlog baklei het, nie vir hulself nie, maar vir die wat nie ‘n manier kon vind om hulle te laat gaan nie.”

    Zybrandt

    “Dit vier die herinneringe wat in ons verewig is, die impak wat dit in ons lewens gemaak het en hoe dit nooit sal verander nie. Dit is dan ook hoe ek by die idee van die video vir die liedjie uitgekom het. Daar is ‘n paar mense waarvan ek weet vir wie die liedjie ook baie beteken so het gedink ek sal hulle vra om deel te wees.”

    “Elk moes een van die reëls van die liedjie vashou en hul het ook die opsie gehad om dit aan iemand op te dra wat nie meer met hulle is nie. Soveel van my vriende wou deelwees; ek het in `n kort tydjie nadat ons met alles begin het nie meer lirieke oor gehad om uit te deel nie…Dit is omtrent oorweldigend om te besef hoeveel mense hulself kan vereenselwig met die boodskap van Vlerke Neer. “

    Zybrandt het grotendeels in sy jonger dae vir Engelse rock bands gesing.  Hy vertel

    “Die wêreld was goed en om live shows by te woon was meer ‘n leefstyl as iets wat jy net op spesiale geleenthede gedoen het. As ons nie op die verhoog was nie, was ons in die gehoor. Dit was gedurende hierdie tyd dat Francois van Coke – hulle by een van ons vertonings in Bellville opgedaag het en vir ons vertel het dat hulle vir ons iets in die kar wil speel.”

    “Dit was van die eerste rowwe Fokofpolisiekar liedjies. “Ons begin ‘n nuwe Afrikaanse band!! Julle moet dit ook doen! “, het Francois opgewonde gesê. “Is jy mal!? Dit sal nooit werk nie,” het ek dadelik geantwoord.”

    “Wel……Dit het my nogal lank geneem. Om in Afrikaans te sing. Ek het altyd gevoel dat dit iets is wat bietjie bo my vuurmaakplek is. Om wat binne my aangaan in Afrikaanse lirieke oor te kan dra. Ek het besef dat indien dit iets is wat ek gaan doen, ek dit eerlik en opreg moet doen.”

    “Dit is dan ook die rede hoekom ek besluit het om onder my eerste naam Zybrandt te sing. Moedertaal energie.  Nou, ‘n leeftyd later, en al die storms, droogtes, veldbrande, riviere en sonskyn wintersdae het uiteindelik iets gevorm wat ek nou in my eie taal met die wêreld kan deel.”

    Een van die dinge wat Zybrandt tans intereseer is geskiedenis. Hy verduidelik

    “Ek wil weet waar ons regtig vandaan kom. Gelukkig was my familie oor die jare klaar besig met navorsing oor ons voorouers. Ek kon baie by hulle leer en ek voel meestal “trots Afrikaans.” Tot eendag in ‘n supermark. Daar het ‘n jong Afrikaanse mannetjie begin skree op ‘n dametjie agter die til oor ‘n prys wat nie op ‘n produk was nie.”

    “Hy het ook vir haar mooi laat verstaan dat hierdie “ons land” is en dat sy nie hier hoort nie. Net daar het ek weereens besef wat ek al as kind geweet het: Net omdat ons altwee dieselfde taal praat, maak ons nie deel van dieselfde span nie. Ek het die gevoel wat daai dag deur my bloed gehardloop het probeer weergee in die liedjie Renoster in ‘n SuperSpar. Ek is lief vir Afrikaans en daar sal altyd die wees wat my trots maak om Afrikaans te wees. Maar dit is ongelukkig nie al vereiste wat daar is vir my om saam met jou te staan nie.”

    Wanneer dit tyd is vir refleksie, trek Zybrandt terug na sy plekkie langs ‘n riviertjie op ‘n plaas in Barrydale. Weggesteek agter die kantgordyn blare van ‘n ou wilgerboom. Hy vertel

    “Kamoefleer is die storie van hoe ek soms so wegraak van die wêreld. Jeremy het dit uitgebeeld op sy eie manier in die fabelagtige musiekvideo wat hy vir die liedjie gemaak het. Ek het geleer dat ek en die mense om my ook verander. Dit fassineer my.  Hierdie tema was dan ook die inspirasie vir die liedjie Anders.”

     “Ek is baie lief vir al die songs wat ek skryf. Maar ek het iewers langs die pad nogal geworstel met die betekenis van dit alles. Vir wie is my liedjies bedoel en verstaan mense waaroor dit gaan? Ek het in hierdie tyd Sing Alleen geskryf. Ek het toevallig met Margot van Wyk gesels oor `n moontlike collab – en weet toe onmiddelik dat ek hierdie een saam met haar moet opneem: Ek sing alleen, sy sing alleen. Kom ons sing alleen saam.”

    Goeie nuus vir Kaapse aanhangers is dat Zybrandt Sneeu en Satyn op 20 November by Die Boer in Durbanville bekendstel. Kaartjies is R150. Bespreek HIER.

    Jy kan Zybrandt se EP HIER stroom.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdatering in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Zybrandt reik “Anders” enkelsnit en video uit
    • Zybrandt reik fabelagtige video uit vir “Kamoefleer”
    • Zaan Sonnekus Reik “Zonneblom” (Sy Debuut Album) Uit
    • Werner van der Hoven Reik Debuut-Album Uit: “Hart Se Taal”

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Cape Town South Africa Zybrandt
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleOneDaySky release video for “Within My Hands”
    Next Article Jon Shaban shares new single “Analogue Strikes Back”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Nicholis Louw
    April 1, 2026

    Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

    4 Mins Read15 Views
    Brandon Miles
    March 31, 2026

    Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

    3 Mins Read6 Views
    Van Pletzen en Sossi
    March 26, 2026

    Van Pletzen & Sossi Reik “Maia-hee” Uit

    3 Mins Read17 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Majozi
    April 8, 2026

    Majozi Releases New EP: “Flannel Music”

    3 Mins Read13 Views
    Pops Mohamed
    April 8, 2026

    Posthumous Pops Mohamed Album Released

    4 Mins Read14 Views
    Webtickets
    April 6, 2026

    Webtickets Plugs South African Live Shows Into Spotify Discovery

    4 Mins Read22 Views
    Goeters Om Te Doen
    Liefde By Die Dam

    Liefde by die Dam: Maak gereed vir`n ENORME partytjie!

    Capital Craft Beer Festival 2026 Featured Capital Craft Beer Festival 2026

    Capital Craft Beer Festival 2026

    Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour

    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    VANFOKKINGTASTIES Featured

    VANFOKKINGTASTIES by Marks Park: 6 Junie 2026

    Galpalooza 2026

    Galpalooza 2026: Coming to 9 Venues Across SA

    Kunstenaar Profiele
    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Sheron

    Sheron

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read130 Views
    The Color Blew
    February 5, 2024

    An Interview With The Color Blew

    8 Mins Read83 Views
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read148 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.