Zybrandt se tweede Afrikaanse enkelsnit “Kamoefleer” is pas uitgereik. Sy debuut liedjie “Anders” is vroeër vanjaar bekend gestel en het met die intrapslag vele Afrikaanse musiekliefhebbers se aandag getrek. Die liedjie het onder andere die nommer 2 posisie op Jacarandafm se SA Top 20 gehaal en kan ook gehoor word op RSG, Bok Radio, Groot FM, IFM en vele ander prominente radiostasies.
Zybrant vertel ons meer oor die tema vir “Kamoefleer”
“Dis belangrik om so nou en dan terug te staan en perspektief oor jou eie lewe te kry. Die take en gevoelens van elke dag se lewe vorm klein partikels wat om ons wentel. Die energie verskil van persoon tot persoon en bots konstant. So aanhoudend en amper onbewustelik dat dit spanning veroorsaak wat begin deel vorm van ons elke dag se roetine. Dis onmoontlik om die beste padkaart voorentoe te teken deur in die straat te staan. Soms moet jy ook van bo af daarna kyk.”
Jeremy Farber van For Tomorrow Productions het die video vir “Kamoefleer” gemaak. Die video is `n storieboek- avontuur wat bestaan uit`n kombinasie van digitale tekeninge, video materiaal en animasie prentjies.
Farber verduidelik hoe dit alles bymekaar gekom het
“Die tekeninge was op `n iPad gedoen. Elke toneel was verdeel in `n voorgrond, middel en agtergrond om sodoende te kan werk met verskillende fokuspunte en effekte.”
“Ons het al Zybrandt se tonele in verskillende uitrustings voor `n wit muur geskiet. Sy karakter was toe met redigering in die tonele ingesny om dit `n lekker fotoboek -gevoel te gee. Die video het drie maande geneem om te maak en dit bestaan uit 19 tonele, 8 uitrustings en meer as 150 illustrasies.”
Zybrandt het al van kindsdae af klavier gespeel en musiek gemaak. Op 15 het hy sy eerste elektriese kitaar gekry. Baie jare later en Zybrandt het sedert die 90`s reeds in drie verskillende bands gespeel: Velve, Downonthefirst en December Lanterns. Die Afrikaanse gogga het gebyt terwyl die groep December Lanterns met opnames besig was.
Zybrandt vertel ons meer hieroor
“Ons het toe sommer ‘n paar Afrikaanse tracks ook gedoen. Ons het wel eers heeltemal op December Lanterns gefokus en nou is die tyd reg vir my om my Afrikaanse musiek `n kans te gee. Die terugvoer vir my eerste liedjie “Anders” het my verwagtinge oortref. Ek is opgewonde om “Kamoefleer” nou ook bekend te stel en sien uit om te hoor wat mense daarvan dink!”
Kyk die video vir Zybrandt se “Kamoefleer” hier onder:
Jy kan “Kamoefleer” HIER stroom.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.