Met haar splinternuwe enkelsnit ‘Golwe’ neem Zoé haar luisteraars op ‘n eerlike en persoonlike reis van selfontdekking en verandering. ‘Golwe’ simboliseer vryheid, ‘n nuwe begin en die uitdagings wat gepaard gaan met groot lewensveranderinge.
‘Golwe’ is nie net ‘n afskeid van haar tuisdorp, Tzaneen, om ‘n musiekloopbaan in die stad na te jaag nie – dit is ook haar reis om haar eie pad as kunstenaar en jong volwassene in ‘n onbekende wêreld te vind.
Zoé se vorige werke – ‘Liefhê’, ‘Crazy Meisie’ en ‘Klein Dorpie Mentaliteit’ (saam met Zaan Sonnekus) – het ‘n trilogie gevorm oor hartseer en die letsels wat liefde soms nalaat. Maar met ‘Golwe’ los sy nie net haar tuisdorp agter nie; sy los ook daardie seer agter en tree sy ‘n nuwe fase van selfontdekking binne.
“Hierdie liedjie gaan oor meer as net ‘n fisiese verhuising,” verduidelik Zoé. “Dit is ‘n sielkundige verskuiwing – ek los die ou ek, die seer en die verlede agter en stap met oop arms die onbekende binne.”
”’Golwe’ is eerlik en diep persoonlik. ‘Golwe’ verwoord die mengsel van opwinding en onsekerheid wat gepaard gaan met die besluit om ‘n bekende lewe agter te laat en ‘n nuwe hoofstuk te begin. “Die liedjie gaan oor die ervaring van wegtrek van die huis af, na ‘n nuwe plek waar jy net jouself kan wees. Dit gaan oor die nuwe ervarings wat mens opdoen as jy vir die eerste keer op jou eie moet bly.”
Vir Zoé was hierdie verandering uitdagend en bevrydend
“Ek het alles wat ek my hele lewe lank geken het gelos om stad toe te trek en my drome na te jaag. Dit is skrikwekkend, maar terselfdertyd ook ‘n ongelooflik verrykende ervaring.” Hierdie gevoel van sprong en verkenning kom sterk na vore in die reël: “My sak is klaar gepak, reis met hoë hoop en sonbrille aan.”
In die liriek “Verken my guitar, ontdek die dinge wat ‘n pen kan doen,” reflekteer Zoe op hoe musiek en skryf haar help om haarself beter te verstaan. “Hierdie liedjie het my die vrymoedigheid gegee om oor nuwe onderwerpe te skryf. Skryf is ‘n vorm van terapie vir my, en ek doen dit amper elke dag om my emosies te verwerk.”
Zoé gebruik ‘n treffende vergelyking in die reël: “Het geleer, die lewe ontvou soos ‘n kunswerk.”
Sy verduidelik: “Wanneer jy te naby aan ‘n skildery staan, kan jy op die klein, onvolmaakte detail vaskyk. Maar as jy ‘n paar tree terugstaan, sien jy die groter prentjie en verstaan hoekom sekere merkies en vlekke daar moet wees.”
Die beeld van ‘n sikloon in die reël “So spoel my skoon, eks in die middel van ‘n sikloon” is vir haar ‘n metafoor vir die uitdagings wat sy moes trotseer. “Ek moes my instink volg om uit daardie sikloon te kom. Soms moet jy nie luister na wat ander sê nie, maar net doen wat jy weet reg is vir jouself.”
Van kleintyd af het Zoé geweet dat musiek haar passie is. “Ek het ‘n doel gekry,” sing sy in ‘Golwe’, en sy verduidelik dat sy uiteindelik seker is oor haar pad. “Ek moes eers myself verloor in loopbane wat my nie vervul het nie, om te besef dat sang en musiek regtig my roeping is.”
Met ‘Golwe’ hoop Zoé om ander te inspireer wat hul eie reis van selfontdekking aanpak. “Ek preek altyd dat mens groot moet droom en hard moet werk. Ek hoop hierdie liedjie help ander om die reis te waardeer en te onthou dat daar lig aan die einde van elke tonnel is.”
Met ‘Golwe’, begin Zoé nie net op ‘n skoon bkadsy nie – sy skryf ‘n hele nuwe hoofstuk.
Kyk die video vir ‘Golwe’ hier onder:
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.