“As ek kon” is ‘n klavier-gedrewe ballade wat geskryf is vir Francois van Coke se dogtertjie, Alex Lila. Sy is ook ‘n ster in hierdie video! Dit is die vierde musiekvideo vanaf Francois se derde solo album genaamd Dagdrome in Suburbia.
Francois en sy platinum skryf-vennoot, Karen Zoid, het hierdie ballade saam geskryf. Fokofpolisiekar mede-groepslid, Johnny de Ridder, speel die klavier en het die snaar gedeeltes gerangskik vir hierdie liedjie.
“As ek kon” se musiekvideo is by Sunset Recording Studios buite Stellenbosch verfilm deur Johannes Pieter Nel, wat ook “Daarsy boys” gemaak het. Ek beveel aan dat jy snesies naby hou vir hierdie ene.
Kyk na die musiekvideo vir “As ek kon” hier onder:
As jy ‘n traantjie gepik het, vee maar daai traantjie weg met die snesie en lees verder, daar is nog Francois Van Coke nuus…
Nog ‘n musiekvideo vanaf die album Dagdrome in Suburbia
Die legendariese “bromance” tussen Francois en Riky wat gesmee is tydens The Voice SA 3 het oorgespoel na sy nuwe album en die verhoog tydens Francois van Coke & Vriende. “Not Like Them” is die enigste Engelse lied op die album, Dagdrome in Suburbia.
Die musiekvideo vir “Not Like Them” was by Levi’s Haus Afrika in Johannesburg bekend gestel op 28 November. Die Levi’s baadjie wat Francois in die video dra is daar met ‘n laser gedruk.
Hierdie musiekvideo vier diversiteit en is verfilm deur André Badenhorst.
O ja, daar is nog nuus…
“Dagdrome In Suburbia” se musiekvideo is ‘n massiewe treffer onder Francois se ondersteuners. Die liedjie sweep luisteraars op soos geen ander Francois van Coke liedjie nie! Die musiekvideo is verfilm deur mede Fokofpolisiekar groepslid, Jaco Snakehead Venter.
“Daarsy boys” is vining besig om ‘n “cult classic” te raak onder “cool” ouers in die burbs reg oor die land. Die video is gemaak deur Johannes Pieter Nel. Hunter Kennedy spog met ‘n bietjie rymkletsery!
Waar kan jy Francois Van Coke live sien in Desember?
As jy in Kaapstad is, check hom uit by die CTICC op die 14de Desember 2019. Dis ‘n Akoestiese “storytellers” konsert wat nogals spesiaal gaan wees. Kry jou kaartjies HIER.
Jy kan hom ook sien by Hartenbos in Afrikaans op die 27 / 28ste Desember by ATKV Hartenbos Amfiteater. Kry jou kaartjies HIERSO. Francois Van Coke jam ook oujaarsaand in Jeffrey’s Baai by J-Bay Rocks.
Wat dink jy van die “As ek kon” musiekvideo? Los kommentaar hier onder en laat my weet! Ek wil graag van jou hoor.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.