Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home » Upcoming Events » Francois Van Coke & Vriende 2025

    Francois Van Coke & Vriende 2025

    Henno KrugerBy Henno Kruger5 Mins Read Events 79 ViewsMay 23, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Suid-Afrika se grootste arena-rockvertoning, Francois van Coke & Vriende, is terug vir die sesde keer by SunBet Arena, Time Square (Pretoria) op Vrydag, 3 Oktober 2025.

    “Sedert die eerste show in 2018, het julle elke jaar opgedaag om hierdie massiewe arena rock show ‘n werklikheid te maak. Dit is iets spesiaal wat ons almal saam geskep het. Vir ons en ons vriende. Dankie vir dit! Is julle reg vir die beste aand van 2025?” sê Francois van Coke.

    Francois Van Coke en Vriende

    ’n Spesiale aand vir almal op die verhoog

    Hierdie konsert is ’n jaarlikse hoogtepunt vir Francois, sy vriende én hul aanhangers. Wat dit so besonders maak, is dat Francois met elke kunstenaar op die program al saam musiek geskryf en vrygestel het.

    Hunter Kennedy beskryf dit só: “Dis net ‘n lekker jol. Dis soos om ‘n mullet voor en agter te hê – party in the front! Party in the back!”

    Geen wonder Francois van Coke & Vriende verkoop elke jaar uit nie…

    Nuwe en ‘ou’ vriende vir Francois Van Coke en Vriende 2025

    Karen Zoid, Zaan Sonnekus, Van Pletzen, Ryno Velvet, Booshle G en nog vele meer keer terug of sluit vir die eerste keer aan by die line-up.

    Francois is veral opgewonde oor Booshle G, die enigste kunstenaar op die program waarmee hy nog nie saamgewerk het nie. En as jy van verrassings hou – hy en Ryno Velvet gaan saam die snit “Aande” opvoer, tans die grootste treffer van sy nuwe album Die Ruimte.

    Van Pletzen en Zaan Sonnekus is ook terug. Francois se snit saam met Van Pletzen, “Kakmal”, is volgens Peach van Pletzen “die naaste ding wat ons al ooit aan ‘n ‘Bohemian Rhapsody’ gemaak het.”

    Hunter Kennedy gaan ’n splinternuwe Engelse lied sing – en soos altyd is elke vertoning by hierdie konsert ’n hoogtepunt.

    Francois Van Coke en sy vriende praat uit

    Spoegwolf: “Elke jaar klim al die kunstenaars op die verhoog vir die “Dagdrome in suburbia”-finale. Dis heeltemal te spesiaal om te mis.”

    Karen Zoid: “Een van die mees ikoniese parings in die Afrikaanse musiekgeskiedenis maak hierdie ‘n onvergeetlike aand.”

    Jack Parow: “Francois en Vriende is een van my favourite shows van die jaar. Nie net omdat dit so groot jol is nie, maar dis soos ‘n family reunion. Ons is almal so baie op die pad en op verskillende plekke en sien mekaar eintlik baie min, maar daai aand is ons almal saam, een venue, een hotel, een energie en een lekker tyd!” vertel Parow.

    Fokofpolisiekar: “Ons word geforseer om deel te wees van hierdie aand omdat Francois ons voorsanger is!”

    Die Heuwels Fantasties: “Frannie en vriende is by verre die lekkerste arena show waarvan ons al ooit deel was. All killer no filler! As jy nog nie een bygewoon het nie moenie uitmis nie!” sê Pierre Greeff, voorsanger van dié groep.

    Booshle G: Francois sê: “Ek het bewus geraak van Booshle G deur sy massive song, ‘Take Me Home’, wat die offisiële lied was van die Betway SA20 Premier T20 Cricket League. Ek het gedink hy sal ‘n cool fit op die line-up wees en dat my fans van sy vibe sal hou. Ek wil definitief iets in die toekoms saam met hom opneem!”

    Zaan Sonnekus: “Ek sien altyd die meeste uit om ‘n verhoog met die cool cats van die industrie te kan deel,” vertel Zaan.

    Van Pletzen: “Ons kry nie altyd die geleentheid om ons epiese 6-minuut anthem “Kakmal” saam te doen nie, so dis altyd iets baie spesiaal vir die gehoor om te sien en vir ons om te doen,” sê Peach van Pletzen.

    Tasché sê: “Met elke jaar van Frannie en vriende dink ek ‘nee, dit kan nie beter as dit raak nie’ en dan met die volgende jaar oortref Francois en die span almal se verwagtinge! Dis ‘n show waaroor jy sal spyt wees as jy dit nie bygewoon het nie!”

    Ryno Velvet: “Ek is baie opgewonde om vir Ryno by FVC & Vriende te hê en ek kan nie wag om te hoor hoe dit klink as 10 000 mense saam ‘Aande’ sing nie!” sê Francois.

    Hunter Kennedy vertel: “Frannie en vriende is die hoogtepunt van my jaar! Dis altyd ‘n fees. Dit voel soos ‘ons s’n’. My mense. Frannie se vriende is inadvertently amper my vriende. Dis ‘n smooth ride vir die performers.”

    Moenie hierdie aand misloop nie!

    As dit só lekker is vir Francois en sy vriende, dink net hoe lekker dit vir jou gaan wees. Die show begin 8 uur die aand op Vrydag die 3de Oktober 2025. Waarvoor wag jy? Kry jou kaartjies HIER.

    Die nuwe geanimeerde musiekvideo vir Francois Van Coke se “DSK” is hier! “DSK” (afkorting vir “Dominee se kind”) is een van Francois se gunsteling snitte op Die Ruimte.

    Multimedia-studente van die Stellenbosch Academy of Design & Photography het musiekvideo’s vir dié snit geskep as deel van ’n klasprojek. Francois het self die klas toegespreek én die video’s bepunt.

    Hy het die top drie video’s op sosiale media gedeel en aanhangers gevra om vir hul gunsteling te stem. Illandré Viljoen is as wenner aangewys.

    “Ek was dadelik ’n fan van Illandré se werk. Ek was mal oor die storielyn, die kleure en die fight sequence. Haar gevoel vir die musiek is fantasties.” sê Francois Van Coke

    Die offisiële geanimeerde musiekvideo vir “DSK” is op Vrydag, 23 Mei op YouTube bekendgestel. Kyk dit hier onder:

    If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Featured Event Francois Van Coke & Vriende 2025

    Galpalooza 2025 Banner Francois Van Coke & Vriende 2025

    Afrikaans En Vriende Francois van Coke Pretoria South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleKenny G: October 2025 South African Tour
    Next Article Calum Scott: January 2026 South African Tour
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Prime Circle
    By Henno KrugerJuly 17, 2025

    Prime Circle Unleash Explosive New Video for “Renegade”

    3 Mins Read15 Views
    Chayuta
    By Henno KrugerJuly 16, 2025

    Chayuta Releases New Single: “Surrender”

    2 Mins Read10 Views
    Yoshe
    By Henno KrugerJuly 16, 2025

    Yoshe Releases Genre-Bending Single: “Lost My Way”

    3 Mins Read5 Views
    Brenda Mthambo
    By Henno KrugerJuly 16, 2025

    Brenda Mtambo Releases Soulful New Single: “Ntsoare”

    2 Mins Read10 Views
    SA Gig Guide
    Afrikaanse Artikels
    Dani Villé
    July 11, 2025

    Dani Villé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Jys Okay”

    3 Mins Read32 Views
    Alba Vorster
    July 9, 2025

    Alba Vorster reik nuwe enkelsnit uit: “Ek Mis Jou”

    2 Mins Read22 Views
    Leo Sonskyn
    July 3, 2025

    Leo Sonskyn reik nuwe enkelsnit uit: “Sondagmiddag Liefde”

    3 Mins Read7 Views
    Ondersteun Ons!
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Prime Circle
    July 17, 2025

    Prime Circle Unleash Explosive New Video for “Renegade”

    3 Mins Read15 Views
    Chayuta
    July 16, 2025

    Chayuta Releases New Single: “Surrender”

    2 Mins Read10 Views
    Yoshe
    July 16, 2025

    Yoshe Releases Genre-Bending Single: “Lost My Way”

    3 Mins Read5 Views
    Goeters Om Te Doen
    Kenny G

    Kenny G: October 2025 South African Tour

    Selaelo Selota

    Selaelo Selota: August/September 2025 Tour

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Kunstenaar Profiele
    Majozi

    Majozi

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    The Color Blew
    February 5, 2024

    An Interview With The Color Blew

    8 Mins Read68 Views
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read87 Views
    Black Coffee - Hey Neighbour
    July 2, 2025

    Black Coffee is headlining Day 2 of Hey Neighbour 2025!

    3 Mins Read11 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Unveils New Single: “Gurri (You Know You Should)”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: ‘Closer To Me’
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: ‘Closer To Me’
    • Henno Kruger on The Stremes Release New Single: “Overload”
    • Lexi on The Stremes Release New Single: “Overload”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.