Die grootskaalse Theuns Jordaan Tribute-Konsert wat vroeër vanjaar op Loftus Versfeld aangebied was, het die room van Suid-Afrika se kunstenaars voor ‘n skare van meer as 20 000 toeskouers byeengebring, om in ‘n wêreldklas produksie hulde te bring aan die ikoniese Theuns Jordaan.
Na ‘n vloedgolf van versoeke aan die organiseerders, is daar nou goeie nuus vir Kapenaars: Die Theuns Jordaan Tribute-Konsert word vroeg in 2024, op Saterdag 6 Januarie vanaf 19h00 by DHL Stadion in Kaapstad aangebied.
Die vyftien top Afrikaanse kunstenaars wat by die Pretoria konsert opgetree het, sal ook in Kaapstad op die verhoog wees om Theuns se liedjies te laat herleef in ‘n uitnemende grootskaalse produksie.
Konsertgangers kan uitsien na vertonings deur Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Ray Dylan, Dozi, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Jay du Plessis, Bok van Blerk, Danny Smoke, Liezel Pieters, Lianie May, Jacques du Plessis en Gerhard Steyn.
Die Theuns Jordaan Tribute se konsertorganiseerder, Sonett de Villiers vertel ons meer
“Die Loftus-konsert was ‘n groot viering van Theuns se lewe en musiek. Die konsert het almal se verwagtinge oortref. Dit was een van die mooiste en grootste gebeurtenisse in Afrikaanse musiek nog. Dit was verseker ‘n enig-in-sy soort musikale belewenis en spreek boekdele vir Theuns se nalatenskap sowel as van die kunstenaars, produksiespan en kreatiewe leierskap wat passievol te werk gegaan het.”
“Dit was ‘n enorme projek en ons het nie voorsien om dit weer te doen nie, maar sedert die Loftus-konsert, hou Kapenaars aan met vra dat die konsert ook in Kaapstad aangebied word. Ons het navorsing gedoen en agtergekom dat daar weinig Kapenaars by die Loftus-konsert teenwoordig was.”
“Ons voel verplig om iets vir Theuns se Kaapse aanhangers te bied, omdat hulle aanhou vra. Daar het baie werk, tyd en kreatiwiteit in die produksie ingegaan en dit het ‘n besonderse vertolking van Theuns se musiek opgelewer. Ons sien uit om dit met net soveel passie by die DHL Stadion aan te bied.”
Die Theuns Jordaan Tribute laat Theuns se liedjies herleef in ‘n reuse produksie wat deur gesoute vervaardigers Andries Pieterse, Deedee Oosthuizen en Floors Oosthuizen behartig word, in samewerking met Theuns se jarelange vriend Jacques du Plessis.
Hier is die program vir die Theuns Jordaan Tribute Konsert
1. “Blou Trein” – Dozi
2. “Net voor die storm kom” – Steve Hofmeyr
3. “Honger Hart” – Bok van Blerk
4. “Beautiful in Beaufort Wes” – Ricus Nel
5. “Bitterbessie Dagbreek” – Karlien van Jaarsveld
6. “Hanne” – Bobby van Jaarsveld
7. “Waar was jy” – Jacques du Plessis
8. “Tjailatyd” – Gerhard Steyn
9. “Roeper” – Jay
10. “Loslappie” – Kurt Darren
11. “Skipskop” – Juanita du Plessis
12. “Jaloersbokkie” – Lianie May
13. “Namibsroos” – Bok van Blerk
14. “Gesiggie” – Steve Hofmeyr
15. “Bietjie van My” – Jacques du Plessis
16. “Moenie” – Ricus Nel en Jacques du Plessis
17. “Deur die Winters” – Ricus Nel
18. “Skaakspel” – Liezel Pieters
19. “Ek roep jou naam” – Lianie May & Liezel Pieters
20. “Wie se kind is jy” – Dozi
21. “Vreemde Stad” – Bobby van Jaarsveld
22. “Hartseer vir die Reën” – Karlien van Jaarsveld
23. “Op soek na jou” – Kurt Darren
24. “Jou Asem” – Danny Smoke
25. “Sal jy bly” – Ray Dylan
26. “By jou” – Jay
27. “Hart vol drome / Bring jou Hart” – Juanita du Plessis
28. Koos du Plessis Medley
29. “Poets Medley” – “I Still haven’t Found” / “Tougher than the Rest” / “Go your own Way”
30. “Laslappie Medley”
31. “Soos Bloed”
Kaartjieverkope is alreeds oop en beperk tot 20 000 kaartjies. Kry jou kaartjies HIER.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.