Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Simeon Kriel reik nuwe enkelsnit uit: “Stukkie”

    Simeon Kriel reik nuwe enkelsnit uit: “Stukkie”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 22 ViewsJune 21, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Na jare agter die skerms van die Afrikaanse musiekbedryf en kerkgemeenskappe, tree Simeon Kriel nou self in die kollig met sy eerste solo-enkelsnit, “Stukkie” – ’n eerlike, introspektiewe stuk musiek wat ’n stukkie van homself aan die wêreld aanbied.

    NetfloristOfferforge

    Die enkelsnit is beskikbaar op alle digitale platforms. “Stukkie” vertel die verhaal van hoe ’n mens jouself in ander se verwagtinge kan verloor, maar steeds probeer om iets eg, iets van jou ou self, vas te hou. Dis melancholies, maar tegelyk hoopvol – ’n oproep tot innerlike waarheid en identiteit.

    Simeon Kriel - Stukkie

    Van rockverhoog tot aanbiddingsleier

    Simeon se musiekloopbaan het reeds in sy tienerjare begin toe hy deel was van die gewilde band Alleen Na Desember, wat dit tot die finaal van Rockspaaider gehaal het en later op groot feeste soos Aardklop, Oppikoppi en Vredefest opgetree het.

    Na sy tyd in die alternatiewe musiekwêreld het hy hom tot die aanbiddingsruimte gewend en vir jare as Worship Leader en musiekvervaardiger by gemeentes soos Oase en Alberton Lewensentrum gewerk.

    Sy musiek het daar duisende mense geraak en suksesvolle CD-verkope en aanlyn betrokkenheid tot gevolg gehad.

    ’n Nuwe klank, onafhanklikheid en kreatiewe beheer

    Met “Stukkie” begin Simeon nou ’n nuwe hoofstuk as onafhanklike solo-kunstenaar. Die lied is die eerste van verskeie vrystellings en word ondersteun deur blank_ creative agency, die kreatiewe firma wat hy self gestig het.

    Blank_ werk saam met kunstenaars soos Zaan Sonnekus en Barto Swiegers aan visuele inhoud, en stel Simeon in staat om musiek sonder platemaatskappy vry te stel – met volle kreatiewe beheer en ’n sterk visuele identiteit.

    Simeon Kriel se Nuwe avontuur in Amerika

    In 2023 kry Simeon die geleentheid om saam te werk met Andries Enslin aan ’n nuwe kreatiewe en aanbiddingspan in Austin, Texas.

    Die idee was om die werk van blank_ creative agency uit te brei na die VSA, terwyl sy Suid-Afrikaanse span steeds ondersteuning bied.

    NetfloristOfferforge

    Maar kort ná aankoms tref ’n ongeluk hom: “Ek het my femur gebreek toe ’n stomp my getref het op Lake Travis,” vertel hy. Hy moes vir ’n maand bedlêend in Texas bly voordat hy kon terugkeer Suid-Afrika toe.

    Simeon Kriel

    ’n Terugkeer, nuwe planne en musiek oor grense heen

    Simeon keer in Junie 2025 weer terug na Austin, waar hy nou met nuwe kliënte werk en steeds ’n hegte verhouding met Andries en sy gesin behou. “Elke keer as ek daar is, eet ons BBQ by Salt Lick – soos ’n mens móét doen in Texas,” lag hy.

    Hy beplan ook om sy musiek oor te neem: “Ek het al ’n paar vriende gemaak in Austin se musiektoneel en gaan twee akoestiese vertonings hou in Augustus vanjaar.”

    “Ek reik nou ‘Stukkie’ in Suid-Afrika uit, sodat ek darem ’n stukkie van myself hier los terwyl ek oorsee is,” sê Simeon.

    Kyk die video vir “Stukkie” hier onder:

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Francois Jacobs Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Spel Dit Uit”
    • Corné Pretorius reik nuwe enkelsnit uit: “Skree”
    • Swerwer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Verby”
    • Ricus Nel en Riaan Benadé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “308”

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Simeon Kriel South Africa Stukkie
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleCarla Franco Releases Heartfelt Single: “My Love”
    Next Article Benson Boone Releases New Album: “American Heart”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Neville D
    April 10, 2026

    Neville D Reik “Jy Gaan Nog Altyd Wen” Uit

    2 Mins Read11 Views
    Nicholis Louw
    April 1, 2026

    Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

    4 Mins Read15 Views
    Brandon Miles
    March 31, 2026

    Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

    3 Mins Read7 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    GAZ
    April 17, 2026

    GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”

    4 Mins Read21 Views
    Kitty Amor
    April 15, 2026

    Kitty Amor Promises Deeply Rooted Audio Journey at ULTRA

    4 Mins Read16 Views
    Teddy Swims
    April 14, 2026

    Teddy Swims Releases New Single: “Mr. Know It All”

    3 Mins Read10 Views
    Goeters Om Te Doen
    Sunset Music Series 2026

    Sunset Music Series 2026: All The Details

    The Human League

    The Human League – May 2026 South African Tour

    The Hangout F3st 3 - 25 April 2026 Featured

    The Hangout F3st 3: 25 April 2026

    Journey To Jazz Festival

    Journey to Jazz Festival: 30 April – 3 May 2026

    Capital Craft Beer Festival 2026 Featured Capital Craft Beer Festival 2026

    Capital Craft Beer Festival 2026

    UB40 Feat Ali Campbell SA Tour

    UB40 Featuring Ali Campbell – June 2026 SA Tour

    Kunstenaar Profiele
    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read104 Views
    The Color Blew
    February 5, 2024

    An Interview With The Color Blew

    8 Mins Read83 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read25 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.