Francois Van Coke se twee groot passies in die lewe is rock musiek en rugby. Hy het as kind groot drome gehad om ernstige rugby te speel, maar rock musiek het harder geroep.
Francois bring sy twee groot liefdes bymekaar met Rock ‘n’ Rugby; wanneer die Vodacom Bulls en Leinster mekaar by Loftus Versfeld ontmoet vir hul Vodacom United Rugby Championship groepfase game op Saterdag, 22 April.
Meer inligting oor Rock ‘n’ Rugby
Die program skop om 12 NM af met voorvertonings deur plaaslike rock groepe Crashcarburn, Zaan Sonnekus, Skelm en Mensdom.
Net na 3 PM kan Francois gevolg word vir ‘n staptog na Loftus Versfeld om die kragmeting tussen Die Vodacom Bulls en Leinster te gaan kyk. Ná die game is daar ‘n staptog terug na Loftus Park waar Francois van Coke en Die Gevaar 7 NM die park aan die brand gaan begin speel.
PS: Die kaartjieprys sluit dus toegang tot die rock konsert by Loftus Park, plus die rugby game by Loftus Versfeld in. Bargain! Kry jou kaartjies HIER. Early bird kaartjies kos net R145!
“Verlore” is die nuutste en laaste musiekvideo vanaf Kanniedood.
“Verlore is ‘n boodskap vir my gliefdes. Alles is nie altyd perfek nie. Ons is daar vir mekaar al het dinge verkeerd gegaan in die verlede en sal weer verkeerd gaan in die toekoms. Al is ons verlore, is ons gevind in die geraas.” sê Francois Van Coke.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Living in South Africa? Need to save up some moolah? Start investing today with Easy Equities, the simple and affordable platform for everyone. Access local and international stocks, ETFs, and more with no minimum investment required. Sign up now and take control of your financial future!