Ná vier jaar se wag is die sanger en liedjieskrywer Riaan Benadé slaggereed om nuwe musiek vry te stel! Dit volg op sy debuut-album Spontaan wat in 2020 vygestel is en van Riaan een van die suksesvolste Afrikaanse kunstenaars gemaak het.
“Stoom”, die tweede enkelsnit vanaf Riaan se langverwagte nuwe album, Die Lot is onlangs vrygestel en vertel hoe stomerig die huwelik nog kan wees op enige ouderdom.
Riaan Benadé vertel ons meer oor “Stoom”
“Die liedjie gaan oor hoe jy jou verhouding interresant moet hou, en hoe jy dit self moet laat stoom sodat dit nie verveelig raak nie.”
Volgens Riaan, wat dié liedjie saam met Paulo Azevedo geskryf het, het sy huwelik met sy vrou Melissa bygedra tot die inspirasie van hierdie pop- en kontemporêreliedjie.
Riaan Benadé vertel ons nog meer
“Die liedjie beteken nogal baie vir my en my vrou omdat dit op ’n mate die manier is hoe ons, ons eie huwelik benader en op ’n sekere standaard hou. Dis ook ’n lekker tune en gee ’n aanduiding van waarnatoe die nuwe album op pad is.”
“Dis ’n lekker twist op ’n sakkie liedjie en ek glo dit gaan by partytjies gespeel word. Ek hoop mense kan dink oor my musiek en op dieselfde tyd dit geniet.”
’n Musiekvideo vir “Stoom” wat by Ons Tuis Emily Hobhouse in Pretoria en die Bronkhorstspruit
Dam verfilm is, is ook nou op YouTube te sien.
Dié musiekvideo is deur Eric Graham en Tehan Buys vervaardig en Riaan se vrou Melissa is ook in dié tong-in-die-kies musiekvideo te sien. Die aktrise Edrien Erasmus maak haar verskyning as die matrone.
Riaan Benadé vertel ons oor die musiekvideo
“Dit gaan oor twee oumense in ’n ouetehuis wat besluit hulle wil ontsnap om ’n piekniek te gaan hou. Die mense hou hul dop en hulle wil seker maak hul huwelik stoom nog.”
Kyk die video vir “Stoom” hier onder:
Riaan se nuwe album Die Lot, wat op 12 April vrygestel is, bestaan uit tien snitte en sluit drie samewerkings in: “Hemel en Hel” saam met Demi Lee Moore, “Vertrou My” saam met Marno van der Merwe en “Georic Lomas” en “Ken Jy Die Land” saam met sy pa Franna Benadé. Laasgenoemde is ’n verwerking van die bekende FAK-liedjie met dieselfde titel.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.