Van Pletzen is ‘n prettige nuwe Afrikaanse projek deur Peach van Pletzen (Bittereinder / Yesterday’s Pupil) en Matthieu Auriacombe (Hello Beautiful / Beach Party).
In hierdie tye van onrus, is dit Van Pletzen se missie om die wêreld ‘n beter plek te maak deur hul lekker vibes te versprei en om jou ‘n baie, baie goeie tyd te wys. Hulle neem hulself nie te ernstig op nie en glo dat jy ook nie moet nie.
Soos die meeste goeie dinge is Van Pletzen oor ‘n paar koue biere gekonseptualiseer.
“Ek wou die laaste twee jaar of so al iets in Afrikaans doen, ek het goed geskryf maar niks het soos ek gevoel nie; alles was geforseerd. Een middag sit ek en Makkie en drink ‘n paar biere en het besluit om so ‘n feel good vibe te try. Ek het begin skryf en my chi gevind, dit was ‘n k*k lekker vibe. Ek is mal oor humor en die projek gee my die outlet om humor te kan gebruik met musiek wat cool is en waarop ek en Makkie baie trots is,” vertel Peach.
Van Pletzen kry hul partytjie aan die gang met die vrystelling van hul eerste enkelsnit en musiek video, Eiland Styl. Die musiek video is verfilm deur PJ Kotze van Bonanza Films.
Soos jy kan sien, het hulle so ‘n lekker vibrasie dat Oppikoppi hulle sommer bespreek het vir hierdie jaar se fees (sonder dat hulle ooit al ‘n vertoning gelewer het en nog voordat hulle hierdie video vrygestel het). Kry Eiland Styl op iTunes & Apple Music.
Dis great om bietjie iets vars in Afrikaans te hoor en ek sien uit om hulle die jaar by Oppikoppi te sien, want ek dit gaan ‘n great party wees.
Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.