Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Neil Nachtrein Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hoor Jy My?”

    Neil Nachtrein Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hoor Jy My?”

    Henno KrugerBy Henno Kruger2 Mins Read Music Videos 6 ViewsJuly 4, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die bekroonde sanger en liedjieskrywer, Neil Nachtrein is verheug om sy nuutste enkelsnit bekend te stel, getiteld “Hoor jy My?”. Hierdie aangrypende lied werp lig op die pynlike kwessie van gebroke gesinne en die impak van afwesige ouerskap op kinders en volwassenes.

    NetfloristOfferforge

    Meer inligting oor Neil Nachtrein se “Hoor Jy My?”

    Gebroke gesinne is iets waarmee almal op een of ander stadium gekonfronteer word. “Hoor jy My?” vertel ‘n verhaal oor die letsels wat afwesige ouers op kinders agterlaat, en later ook op volwassenes. In hierdie geval belig Neil spesifiek die afwesigheid van ‘n pa, daardie man wat waarlik ‘n dogter se hart kan breek.

    Neil Nachtrein

    Die lied ondersoek die vrae oor die verantwoordelikheid van ‘n volwasse kind teenoor so ‘n afwesige ouer en waar en by wie genesing gevind kan word. Hierdie moeilike vrae bly sonder definitiewe antwoorde, maar deur die lied gee Neil ‘n stem aan almal wat met hierdie uitdagings worstel.

    Neil Nachtrein

    Met sy kenmerkende stem en sielvolle uitvoering gryp Neil Nachtrein luisteraars se aandag en raak diep in hul harte met “Hoor jy My?”. Die aangrypende lirieke en emosionele melodie skep ‘n verbindingspunt vir mense wat die impak van afwesige ouerskap ervaar het. Neil se opregte interpretasie van die lied maak van “Hoor jy My?” ‘n kragtige en betekenisvolle bydrae tot die musiekbedryf.

    Neil Nachtrein, ‘n musiekvervaardiger en liedjieskrywer van internasionale standaard, het ‘n reputasie opgebou vir sy emosionele en sielvolle musiek. Sy vorige treffer enkelsnitte het honderdduisende mense regoor die land en die wêreld geïnspireer. Met “Hoor jy My?” bewys Neil weer sy vaardigheid om musiek te maak wat diep deurdring en mense aanraak.

    “Ek is opgewonde om ‘Hoor jy My?’ met my ondersteuners te deel,” sê Neil. “Hierdie lied is ‘n persoonlike reis vir my en vir baie ander wat soortgelyke ervarings gehad het. Ek hoop dat dit mense sal aanmoedig om die pyn en die vrae wat met afwesige ouerskap gepaard gaan, te erken en te bespreek.”

    “Hoor Jy My?” is nou beskikbaar op alle digitale musiekplatforms. Vir diegene wat ‘n musikale reis wil neem wat ‘n beroep doen op die diepste emosies.

    Kyk die video vir “Hoor Jy My?” hier onder:

    Jy kan “Hoor Jy My?” HIER stroom / aflaai.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Neil Nachtrein Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Om Die Son”
    • Neil Nachtrein Reik “Voer My Vir Die Berge” Uit
    • Neil Sandilands Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Huistoe”
    • Neil Sandilands Reik “Allegaarkie vir ’n Askeet” Uit

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Neil Nachtrein South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleMann Friday Release New Album: “Bridgenorth Road”
    Next Article Esjay Jones Joins Forces With Crazy Town for New Single
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Amanda Luca
    January 8, 2026

    Amanda Luca verken hart en hemelruim met haar debuut-EP

    3 Mins Read47 Views
    Christian John
    December 17, 2025

    Stiaan Reynierse vier `n belangrike mylpaal met “Sewe”

    3 Mins Read24 Views
    Vrede
    December 15, 2025

    Vrede Bring ‘n Nuwe Enkelsnit “Huistoe”

    3 Mins Read24 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Calabash South Africa Cancelled Featured Calabash South Africa 2026 Cancelled
    January 14, 2026

    Calabash South Africa 2026 Cancelled

    2 Mins Read164 Views
    Major Lazer
    January 13, 2026

    Major Lazer Drops 10-Year Anniversary ‘Lean On’ EP

    3 Mins Read18 Views
    Ruff Majik
    January 6, 2026

    Ruff Majik Releases New Single: “Can Of Wyrms”

    3 Mins Read41 Views
    Goeters Om Te Doen
    Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour

    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2026

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Splashy Fen

    Splashy Fen 2026

    Kunstenaar Profiele
    Sheron

    Sheron

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Jack Atlantic

    Jack Atlantic

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read70 Views
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read23 Views
    SAMA31
    December 15, 2025

    SAMA31 Winners: The Complete List

    5 Mins Read83 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.