Lekker! King Price Insurance se gewilde dagkonsert, Lekkerland Carnival, wat sedert 2017 in Dullstroom, Mpumalanga aangebied was, skuif vanjaar na die Botaniese Tuine in Pretoria en sal op die 13de Mei gehou word.
Dis die perfekte dag uit vir vriende en familie wat hou van goeie musiek en baie pret. ‘n Groot verhoog met uitstekende klank onder die blou, beeldskone lug, tesame met ’n kleurvolle karnaval speelterrein waar kinders lekker kan speel, maak dit 1 van die lekkerste uitstappies wat jy hierdie jaar vir jou gesin kan beplan.
Wie speel by Lekkerland Carnival 2023?
Prime Circle, Elandré, Matthew Mole, Georgetown, Irene-Louise van Wyk, Georgetown, Ryno Velvet, Pedro Barbosa en Zaan Sonnekus gaan sorg vir die musiekvermaak, terwyl kinders lekker in die pretpark-area kan speel.
Lekkerland Carnival kan jou meevoer; musiek neem ons na plekke in ons verbeelding.
Irene-Louise van Wyk vertel ‘My lekkerland is soos ‘n karnaval. Adrenalien en good vibes in die lug!’
Ross Learmonth van Prime Circle sê dit lyk vir hom soos ‘enige musiek fan se droom: Die klanktoerusting toring uit na bo asof dit uit die grond groei, daar is baie kroeë met geen rye en die musiek is so ongelooflik fantasties dat jou vriend nie eers sal durf om in jou oor te praat as jy die hele dag lank net musiek wil luister nie.’
Elandré vertel sy idee van Lekkerland Carnival is om ‘musiek te maak met kitaar in die hand voor ’n vuurwarm gehoor. Hy sien uit daarna om weer agter die verhoog met sy mede-musiekmakers op te vang en vir ‘ons mense te gee wat hulle ’n jaar lank al na verlang. Ek en die Buchu Bende kan nie meer wag nie, sien julle daar!’
De Wet van Deventer, hoof van bemarking by King Price sê: ‘By King Price glo ons dat werk en pret hand-aan-hand gaan. Ons werk lekker en ons speel lekker. Ons is baie opgewonde oor vanjaar se Lekkerland Carnival en wil almal aanmoedig om die dag saam met ons te kom geniet.”
“Bring jou vriende en familie, en onthou kinders onder 15 kry gratis toegang. Dit is juis ons wens dat vriende en familie vir die dag sorgvry saam kuier met van Suid-Afrika se beste kunstenaars, karnaval-ritte, kroeë en kosstalletjies. Daar is iets vir almal. So, maak gereed vir ‘n #lekkerrr karnaval. Met sommer baie King Price pret, natuurlik!’
Ryno Velvet som dit lekker op: ‘Wat beter as om by die Lekkerland Carnival te kan stof op skop en litte los te maak. Kom hê die tyd van jou lewe!’
Lekkerland Carnival 2023 Inligting
Op die 13de Mei 2023 maak die hekke by Pretoria Botaniese Tuine 8:30 VM oop en sluit om 6 NM.
Algemene toegangskaartjies kos R280 per persoon. Kinders onder 15 kan gratis inkom, onthou net om jou kinders te registreer wanneer jy jou kaartjies koop. Daar sal ‘n Karnavaal speelterrein vir kinders wees met springkastele, glybane, ritte en speletjies. Daar gaan ook ‘n gelisensieerde biertent wees en kosstalletjies vir almal se smake.
Koop jou kaartjies voor 12 April en staan `n kans om die volgende fantasties Lekkerland Carnival-pakket te wen. Die wenner sal by wyse van gelukkige trekking gekies word.
Die pakket bevat die volgende “goodies”
- R3,000 kontant van King Price.
- 2 x retoer ekonomiese vliegkaartjies in SA met Lift (geldig vir 1 jaar).
- 2 x BBP opgraderings by Lekkerland Carnival.
- 2 x kos en koeldrank koopbewyse vir kinders (indien die wenner kinders het).
- ‘n Ontmoeting met Matthew Mole.
- 2 x Lekkerland Carnival T-hemde.
Kry jou kaartjies HIER!
Hier is die program vir Lekkerland Carnival 2023
08:30 Hekke Maak Oop
10:00 Zaan Sonnekus
11:00 Ryno Velvet
12:00 Irene-Louise van Wyk
13:00 Pedro Barbosa
14:00 Georgetown and the Moonies
15:00 Matthew Mole
16:00 Elandré
17:00 Prime Circle
18:00 Hekke maak toe
Die program is onderhewig aan tydslyn verandering as die produksie dit vereis. Loer in op Lekkerland se sosiale platforms `n dag voor die konsert om seker te maak jy mis nie jou gunsteling kunstenaars nie.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Living in South Africa? Need to save up some moolah? Start investing today with Easy Equities, the simple and affordable platform for everyone. Access local and international stocks, ETFs, and more with no minimum investment required. Sign up now and take control of your financial future!