Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Jauni M Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Storm”

    Jauni M Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Storm”

    Henno KrugerBy Henno Kruger2 Mins Read Music News 29 ViewsJune 19, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Wanneer talentvolle kreatiewe siele saamwerk, ontstaan daar iets besonders – en Jauni M se jongste enkelsnit, “Storm”, is die perfekte voorbeeld daarvan.

    NetfloristOfferforge

    “Storm” is ’n kontemporêre liefdesballade geskryf deur die ontslape en bekroonde liedjieskrywer Johan Oberholzer. Dit verwoord die rustigheid wat ’n mens kan ervaar te midde van chaos – wanneer jy daardie een spesiale persoon het wat jou veilig laat voel.

    Jauni M

    “Ek was van die begin af verlief op hierdie lied,” sê Jauni M. “Dis ’n pragtige herinnering aan hoe belangrik dit is om iemand in jou lewe te hê wat jou anker kan wees wanneer alles anders deurmekaar is. Ek glo baie mense sal aanklank vind by hierdie tema.”

    Die lied is vervaardig deur Murray Lubbe, wat die atmosfeer en emosie van die snit meesterlik vasgevang het. Boonop het Jauni saam met die bekroonde fotograaf Mireia Vilaplana van Barcelona gewerk aan die kreatiewe visuele inhoud van die enkelsnit.

    “Van die liedjieskrywer tot die fotograaf – ek was werklik bevoorreg om met van die beste mense in die bedryf saam te werk,” sê sy trots.

    Jauni M se loopbaan is gebou op Passie en Deursettingsvermoë

    “Storm” is Jauni se derde enkelsnit, en volg op haar vorige suksesvolle uitreikings, “Liefde Soos Dagbreek” en “Niemand Anders”, wat albei goed ontvang is en steeds landwyd oor die radio speel.

    Jauni woon tans saam met haar gesin in Dubai, maar haar musiekloopbaan het reeds op ’n jong ouderdom begin.

    Sy het van kleins af ’n liefde vir sang gehad en het haar familie graag vermaak met optredes in die sitkamer. Sedertdien het sy haar stem verfyn en ’n merkwaardige loopbaan opgebou wat strek oor byna twintig jaar.

    Sy het al saam met bekende kunstenaars soos Ruhan du Toit en Deon Meiring gewerk, en wanneer sy nie musiek maak nie, beoefen sy met passie haar ander beroep as naeltegnikus.

    Met “Storm” hoop Jauni dat luisteraars hulself sal herken in die emosie en boodskap van die lied. Dis ’n snit wat oud en jonk sal raak met sy treffende lirieke, meesleurende melodie en strelende stem – alles bestanddele vir ’n lied wat nog lank sal bly leef.

    “Storm” is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms soos Spotify, Apple Music en YouTube Music.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Pyjama Planet Release New Single: “Storm The Gates”
    • Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Nuwe Maan”
    • Jaid River Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Wakker”
    • Jaid River Reik Nuwe Enkelsnit uit: “Marionet”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Jauni M South Africa Storm
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleThe Stremes Release New Single: “Overload”
    Next Article Jaid River Reik Nuwe Enkelsnit uit: “Marionet”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Janco Dreyer
    November 7, 2025

    Janco Dreyer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Tornado”

    3 Mins Read17 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read16 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Seth Tabatznik
    November 12, 2025

    Seth Tabatznik Releases New Single: “Shining for Love”

    3 Mins Read0 Views
    Swimmer
    November 11, 2025

    Swimmer Returns with New Single: “Waterbodies”

    3 Mins Read25 Views
    Charlie Harris
    November 10, 2025

    Charlie Harris Embraces The Present With “All I Have Is Now”

    3 Mins Read19 Views
    Goeters Om Te Doen
    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    ULTRA South Africa 2025 Crowd

    ULTRA South Africa 2026

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Collen Maluleke

    Collen Maluleke – A Decade Of “Open Heavens”: 28 Nov 2025

    Kunstenaar Profiele
    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    Sheron

    Sheron

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read95 Views
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read68 Views
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read110 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Gareth Haze Releases New Single: “Stars”
    • Devographic Music Agency on Cindy-Louise Releases New Single: “Obsession”
    • Devographic Music Agency on Dylan Tori Releases “Wish You Were Here”
    • David Devo Oosthuizen on Mark Haze Unveils New Piano-Powered Ballad: “Walked On By”
    • Sheron on Sheron Releases New Single: “It Gets Better”
    • Sharon Sibert on Sheron Releases New Single: “It Gets Better”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.