Inspirasie Veelvoud se nuutste enkelsnit en video “Woorde in my Dagboek” is op die 21ste Oktober 2022 vrygestel op alle aanlyn musiek platvorms (Spotify, Apple Music, Itunes, Amazon, Youtube en nog meer).
Die nuwe liedjie is geskryf in ‘n Folk genre in die vorm van n ballade, en sal aanklank vind by alle Afrikaanse musiek liefhebbers en individuele wat hulle gedagtes in n dagboek inskryf, geskryf het, of selfs weet van iemand wat dit doen.
Meer inligting oor “Woorde In My Dagboek”
Die boodskap wat “Woorde in my Dagboek”deurgee is n persoonlike een en beklemtoon redes en inspirasies wat bydra hoekom iemand in n persoonlike dagboek sal skryf. In hierdie geval vir my was dit die pragtige Karoo, op die plaas genoem Bloemhof.
“Woorde in my Dagboek”se musiek video gee ʼn warm, intieme gevoel en is geskiet in Heidelberg by L’Abondant Vinge Stone Cottages. Maak gebruik van die onderstaande skakel om na die nuwe musiek video te kyk.
Wie is Inspirasie Veelvoud?
Inspirasie Veelvoud was aanvanklik n Afrikaanse musiek duo wat bestaan het uit Nico (Sanger, Skrywer, Kitaar Speler) en Mariloé (Sangeres). Na n lang besluit, was die uikoms dat Inspirasie Veelvoud nie meer sal bekend staan as n duo nie.
Tans, en in die verdere toekoms, gaan Inspirasie Veelvoud net uit Nico uit bestaan. Die derde enkelsnit is reeds opgeneem en finale produksie is voltooi, met ʼn vierde enkelsnit wat in die finale produksie proses is. Elkeen van die sal heel waarskynlik ook met n musiek video gepaard gaan. Met Inspirasie Veelvoud be-oog Nico om goeie, oorspronklike Afrikaanse musiek vry te stel aan almal wat lief en trots is op Afrikaans.
Kyk die video vir “Woorde In My Dagboek” hier onder:
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.