Die bekende kunstenaar Giselle het sopas haar splinternuwe enkelsnit, “Cheers Op die Lewe”, vrygestel. Hierdie rock-liedjie is ‘n viering van die lewe, die goeie én die uitdagende oomblikke.
“Cheers Op die Lewe” beklemtoon om voluit te leef, drome na te jaag en intensioneel te wees met jou tyd. Die enkelsnit nooi luisteraars uit om struikelblokke te oorkom en hul passie te volg.
Giselle se eie ervarings en diep gesprekke met ander het haar geïnspireer om die liedjie te skryf. Dit is ‘n emosionele uitdrukking van die stryd tussen wat ons regtig wil doen en die vrese wat ons keer. Sy hoop dat die liedjie as motivering sal dien – ‘n oproep om bo onsekerhede uit te styg.
Die musiekvideo van “Cheers Op die Lewe” is geskep met ’n unieke spioenasie-tema. Dit is verfilm by Romansbaai Estate en Lomond-wynplaas in die Wes-Kaap deur filmmaker Malan van Heerden, en bied ’n visueel kragtige ervaring.
In die video volg kykers ’n karakter wat tyd – simbolies voorgestel as ’n waardevolle item – moet herwin. Die onderliggende boodskap: gebruik jou tyd op wat werklik saak maak.
“Elke element is doelbewus gekies om ‘n dieper betekenis te dra, dis nie net vermaak nie, maar ‘n kunswerk met ’n boodskap,” sê Giselle.
Kyk die video vir die liedjie hier onder:
Giselle se liedjie het lirieke wat diep tref
Giselle se lirieke is universeel en reguit. Sy spreek menslike aspirasies en vrese aan met eerlikheid en empatie. Sy glo dat musiek mense verbind en inspireer, en met “Cheers Op die Lewe” nooi sy almal om die vreugdes van die lewe saam te vier.
Met planne vir nuwe musiek en optredes vir ’n groter gehoor, staan Giselle op die punt om haar loopbaan na nuwe hoogtes te neem. Elke enkelsnit is ’n bewys van haar kreatiwiteit, harde werk en toewyding.
Meer inligting oor Giselle
Giselle is ’n veelsydige kunstenaar met ’n musikale familie-agtergrond. Haar oupa was ’n bekende operasanger, en van jongs af het sy geweet sy is bestem vir die verhoog.
Sy blink nie net in musiek uit nie, maar ook in dans, kitaarspel en tale. Sedert 2019 is sy professioneel aktief in die musiekbedryf en het sy reeds noemenswaardige hoogtepunte bereik, soos die wen van die MusicMarvel Competition in 2020.
Giselle se musiekstyl sluit rock, pop en selfs Latyns-Amerikaanse invloede in. Sy is passievol oor stories wat betekenis dra en put haar inspirasie uit die alledaagse lewe, mense en oomblikke.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.