Annie Klopper se roman Die tragiese saak van Pamina Vermaak is nou landswyd beskikbaar en Wolf De Jager het ‘n temalied uitgereik daarvoor.
Hoe dikwels het ’n roman sy eie temalied, en word ’n karakter uit ’n boek in die lewe geroep deur sy eie liedjie vry te stel? Te danke aan Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties), Frederick den Hartog (Die Heuwels Fantasties) en Laudo Liebenberg (aKING), is dit moontlik gemaak deur die opname van “Tyd om eerlik te wees” namens die (fiktiewe) kunstenaar Wolf de Jager.
Meer inligting oor Wolf De Jager en Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Wolf is die manlike hoofkarakter in hierdie romantiese komedie. Nadat steelfoto’s op sosiale media uitlek waar sy verloofde, ’n aktrise, hom met ’n Hollywood-ster verkul, tuimel Wolf se wêreld – en suksesvolle loopbaan – al hoe verder ineen. Hy gaan kruip weg vir die paparazzi op ’n klein Weskusdorpie waar hy sukkel om nuwe liedjies te skryf. Hier kruis sy paaie met Pamina Vermaak, ’n sonderlinge meisie wat haar eie deuntjie volg.
Klopper is ’n oudmusiekjoernalis en die outeur van Fokofpolisiekar se amptelike biografie, Biografie van ’n Bende: Die storie van Fokofpolisiekar (wat in 2011 uitgereik is). Sy het kragte met haar vriende uit die musiekbedryf saamgespan om hierdie grensverskuiwende projek die lig te laat sien.
“Ek wou graag aan lesers die geleentheid gee om die karakters buite die beperking van slegs woorde op papier te ervaar. Jy kan die song luister terwyl jy lees, en só kry die verhaal ’n nuwe dimensie.” Annie Klopper
“Tyd om eerlik te wees” is ‘n instant treffer
Slegs twee dae nadat “Tyd om eerlik te wees” op alle digitale musiekplatforms vrygestel is, het Apple Music dit gelys onder die gesogte “Best of the Week”-speellys langs name soos Ariana Grande en The Kooks.
Die snit is in samewerking met die outeur geskryf en opgeneem deur Kennedy, Den Hartog en Liebenberg by The Nothing Club in Kaapstad. Liebenberg, wat buiten sanger ook ’n akteur is, het gesorg dat die fiktiewe karakter ’n stem kry:
“Dit was lekker om volgens ’n ‘brief’ te werk – die gevoel van die storie te vertolk in die lied. Ek geniet dit altyd om saam met Fred en Hunter te werk aangesien ons mekaar goed verstaan. Ons het die vryheid gehad om te kan speel met die produksie van die liedjie en kon dit deur ’n klomp fases neem om by die eindproduk uit te kom.” Laudo Liebenberg
Oor Liebenberg se “rol” as Wolf, het Kennedy die volgende te sê: “Dit klink asof Laudo al klaar die hoofrol [in ’n film] vertolk.”
Ek het na “Tyd om eerlik te wees” geluister en ek moet sê dat dit een van die beter Afrikaanse liedjies is wat ek al die jaar gehoor het. Ek dink Wolf De Jager moet nog songs opneem!
Klik hier om Die tragiese saak van Pamina Vermaak te koop op die Kwela webwerf.
Klik hier om na “Tyd Om Eerlik Te Wees” te stream of te koop.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music News kategorie op RWR.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.