Die See, die atmosferiese rock sensasie van Pretoria hulle derde vollengte album, Staal Tarentaal, op Vrydag 6 Oktober 2023 uitgereik.
Meer inligting oor Die See
Die groep is bekend vir hul poëtiese lirieke en kronkelende, buierige klank. Hulle het die harte van musiek-liefhebbers verower met hul eiesoortige benadering tot kontemporêre Afrikaanse musiek.
Met hulle nuwe album hou die drie-malige SAMA genomineerde groep aan om die grense te “push” van hul genre. Die uitslag is ‘n verfrissende en prikkelende perspektief op kontemporêre musiek in Afrikaans. Hulle musiek navigeer deur denkbeeldige en soms betwiste gebiede, wat luisteraars nooi om die ryk tapisserie van hul Suid-Afrikaanse identiteit te verken.
Die lede van Die See is Jason Hinch (op tromme), Henry Ferreira (hoofsanger en kitaarspeler), Dylan Graham (op hoofkitaar) en Jaco Mans (op baskitaar).
Die groep se vorige twee albums het SAMA-benoemings gekry. Dis ‘n bewys van hul konsekwentheid en toewyding aan die vervaardiging van musiek van hoë gehalte wat maklike kategorisering uitdaag.
Jy kan Staal Tarentaal HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.