David Fourie het sy professionele verskyning as sanger gemaak toe hy in 2002 die eindrondte van die gewilde Idols-South Africa gehaal het. Vandag is hy bekend vir liedjies soos “Ek wil jou ken”, “Land in die suide”, “Kaboemielies”, “Hou my vas, stywer vas” en sy mees onlangse nommer een, “On the radio”.
Kort voor David Fourie se pa in 2016 oorlede is, het hy sy seun aangemaan: “Kom terug, ons mense mis jou.” Wyse woorde van‘n pa wat ook sy bekende liedjie, “Kaboemielies”, geïnspireer het.
Soos sy pa sagkens probeer wys het waar die wortels begrawe is, het David weer begin musiek skryf, en na 8 jaar nooi hy ALMAL nou saam op die verhoog met, “Die Dans Ding”.
David Fourie verduidelik “Die Dans Ding”
“My nuwe musiek is nie net ‘n lekker Afrikaanse pop liedjie nie, maar ‘n uitnodiging om die lewe te vier, ten spyte van neerslae, siektes en enige uitdagings wat ons beleef.”
“As jy net vreeslik lekker kan dans net soos wat jy is, voel dit asof dit jou oplig, bo aardse probleme uit, en dit gee jou nuwe lus vir die lewe. Na alles wat in die laaste vyf jaar in ons wêreld gebeur het, is daar geen beter geneesmiddel as om te dans met simbale en alles wat jy het nie.”
David Fourie verduidelik die inspirasie agter “Die Dans Ding”
“Ek het gedurende my tyd in Nieu-Seeland begin werk met ‘n organisasie, StarJam, waar ek vir kinders met verskeie fisiese en verstandelike uitdagings klasgegee het om te sing en te dans. Ek het met hulle gewerk soos ‘normale’ kinders en hulle uitgedaag om hulle beste te lewer deur musiek.”
“Dit was so ‘n wonderlike ervaring wat selfs die nuus gehaal het. Hier in Suid-Afrika werk ek met kinders by die Imibala Trust, wat sosio-ekonomiese uitdagings beleef, selfs hulle dans bo uit oor al hulle sorge heen, en is nou oppad om oorsee op te tree. Al hierdie ervaringe het my benadering tot my eie musiek en doel in die industrie verander en ek skryf en skep vanuit daardie perspektief.”
“Die Dans Ding” is ‘n merkwaardige tentoonstelling van David Fourie se evolusie as Afrikaanse “Pop-Ster”, skrywer, en sy bydrae tot die vernuwing van die genre.
Dit is vervaardig deur mede-skrywer, Fred Den Hartog (Die Heuwels Fantasties), die verwerking is organies, tog knipoog produksie duidelik na aanhangers van Afrikaanse dans musiek. David betoon dank aan sy getroue en geduldige ondersteuners, tog verwelkom hy ook die nuwe generasie van musiekliefhebbers met ‘n vars openbaring van sy hart.
Soos die lirieke aandui nooi David sy gehoor, alledaagse mense, ons mense, om saam met hom die speel knoppie te druk op hulle lewens en te kyk wat gebeur…
Kykers en luisteraars herken hulself, vriende, bure, vreemdelinge en selfs TikTokers, terwyl die musiek ‘n bevrydende effek het op individue wat hulle eie uitdagings in die lewe ervaar: fisies, sosio-ekonomies, kultureel ens.
Dit word natuurlik ‘n GROOT dans partytjie met David as voorhaan, want “Die Dans Ding” is ‘n ‘ding wat begin en dit sluk jou in’. Kry almal bymekaar en kom dans saam!
Kyk die video vir “Die Dans Ding” hier onder:
Jy kan David Fourie se liedjie HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Serious about cybersecurity? Safeguard your online privacy and access global content securely with Private Internet Access VPN — your ultimate shield against digital threats!