Daar mag dalk nog ‘n klein groepie Suid-Afrikaners wees wat dink Afrikaanse musiek is net “sokkie treffers” is, maar die realiteit is dat dit nog altyd soveel meer was. Afrikaanse vroue kunstenaars is betrokke in elke genre, van pop tot gospel en hip-hop, en vroue se bydrae tot die evolusie van Afrikaanse musiek kan nie onderskat word nie. Die sukses van Karen Zoid, byvoorbeeld, was instrumenteel tot die groei van Afrikaanse rock in die vroeë 2000s.
Hoofstroom pop kunstenaars soos Demi Lee Moore, Lianie May en Riana Nel is dalk aan die hoof van Spotify se kunstenaar en album snitlyse, maar dinge is veel meer divers as wat dit op die oog af lyk.
Volgens Henco Harmse, Spotify se Afrikaans Spesialis Bestuurder, Kunstenaar en Label Venootskappe in Suid-Afrika, is daar talle vroue Afrikaanse kunstenaars om oor entoesiasties te wees. “Mense mag dalk nie besef hoe uiteenlopend die genres is waarin Afrikaanse vroue kunstenaars werk nie,” sê hy. “Bo en behalwe genres soos pop, praise en worship, en country is daar verskeie Afrikaanse vroue kunstenaars wat interessante werk doen in genres soos Gqom, hip-hop en dans.” sê hy.
Dit is geen toeval dat kunstenaars soos die ontslape Angie oeh en Paula Kammies prominent op Spotify se Afrikaanse Hip-Hop en Gqom Afrikaans, onderskeidelik, se snitlyste pronk nie. Harmse noem dat Afrikaanse vroue kunstenaars ook internasionale trekkrag het.
“As jy na ons Country Worldwide snitlys kyk byvoorbeeld, is daar verskeie Afrikaanse kunstenaars,” sê hy “Dit sluit ook vroue kunstenaar soos Demi Lee Moore en Tarryn Lamb in. Die feit dat hulle, en ander Afrikaanse sangers op internationale snitlyse is, beklemtoon die musikale talent wat ons hier in Suid-Afrika het en wys ook hoe baie ons het om die wêreld te bied.”
Spotify data toon ook dat die werk van Afrikaanse vroue kunstenaars tot ‘n wye oudersdomsgroep spreek. Alhoewel luisteraars tussen die ouderdom van 35 en 44 jaar die grootste group uitmaak, is die helfte van luisteraars onder die ouderdom van 34, wat daarop dui dat hierdie musiek ook aanklank vind by die jeug.
Hierdie jong luisteraars is veral gaande oor een snitlys, getitled VAAIBS, wat op Gen Z luisteraars gemik is. VAAIBS dek ‘n wye reeks genres en sluit kunstenaars soos Angie oeh, Anzelle en Marissa in.
“Hulle wye trefkrag strek verby oudersdromsgroup-demografie,” sê Harmse. “As mens kyk na die Suid-Afrikaans stede waar Afrikaanse vroue kunstenaars die gewildste is, is dit nie net die wat mens vewag nie. Interessant genoeg is Afrikaanse vroue kunstenaars net so gewild in Durban as wat hulle in Bloemfontein en Potchefstroom is.”
Wat beteken dit vir Afrikaanse musiek?
Dit is duidelik dat die toekoms van Afrikaanse musiek nog meer opwindend en innoverend as sy geskiedenis kan wees. Dit is ook duidelik dat die grootste en gewildste Afrikaanse kunstenaars reeds besig om om Afrikaanse musiek aan die wereld bloot te stel. Meer belangrik, vrou kunstenaar sal heel moontlik ‘n nog groter rol speel in die toekoms.
“Daar is veel meer aan Afrikaanse musiek as wat baie mense tipies dink,” sluit Harmse af. “Dit is veral van toepassing op die oomblik en Afrikaans vroue kunstenaars sal voortgaan om ‘n leidende rol te speel in die evolusie van Afrikaanse musiek.”
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.